‘n Groot voordeel

‘n Groot voordeel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Niemand sal volledig hieraan kan voldoen nie, maar die hengelaar wat die grootste variëteit ase in sy besit het, sal vir seker die beste kans staan om op die dag die meeste vis te vang. Dis natuurlik ‘n onbegonne taak om selfs net daaraan te dink om so ‘n klomp aas te bekom, maar stel jou net voor jy kan jou hand op die volgende lê: verskeie soorte visase, krewels, wurms,  wit- en swartmossel, rooiaas en sommer van die ander ook - te veel om op te noem. Ook kan die verskillende ase, soos byvoorbeeld rooiaas, op verskeie maniere voorberei word. Na dit van die rotse afgehaal is, of opgetel op die strand waar dit uitgespoel het of uitgeduik dan, soos met die wat lyk asof dit met modder besmet is (baie hengelaars reken dis juis die beste), kan dit op verskeie maniere voorberei word. Jy sal hopelik die volgende rooiaas in jou besit hê - vars, vrot of rypgemaak. Sodoende word jou versameling net meer.

Witmossel weer, kan ook vars gebruik word, of met sout en/of suiker behandel word en ook gedroog word of vars in die dop gebêre in die vrieskas.

Ek het eenkeer raad gekry om die vars mossel met warm water te behandel.

Ek het die goed ongelukkig half gaar gekook en moes dit weggooi. Het dit nooit weer daarna beproef nie! Ook die ander ase kan natuurlik op een of ander manier behandel word. Die idee is om ook oor te hou vir ‘n ander dag. Hou net in gedagte dat die beste aas soms nutteloos is. (Dis juis waarom ‘n verskeidenheid so nuttig is.)

Buiten die groot voordeel van die baie ase kom tegniek ook nog in die prentjie, en die regte hengelaar sal kan toor hiermee.

Wat somtyds lyk na omstandighede om liewer tuis te bly is dalk net wat die vis nodig het om te begin byt. Hengel het juis so ‘n groot aanhang omdat die rou beginner, sonder al hierdie baie ase en wyshede soms al die geluk het. Al wat hy blykbaar nodig gehad het was ‘n lyn, hoek en aas.

Ons het nog nie eens gepraat oor al die groot “lekkerkry” van hengel nie. Boot- en strandhengel het hul eie bekoring, alhoewel met laasgenoemde, vriende en familie die plesier kan meemaak. Met die boot is dit nie altyd moontlik nie.

Dis lekker, dis gesond en dis baie bevredigend. En dis vir jou! Baie groete, Seemeeu

‘n Groot voordeel

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles