Gansbaai Gholfklub se twee Van der Merwes, Daniel en Francois, was verlede Saterdag die wenners van die Gekombineerde Enkel Stableford kompetisie.
Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Leon Lombaard met 42 punte, gevolg deur Daan Victor 38, Leon Hattingh 37, Etienne Engelbrecht 36, Pierre Pieters 35, Andre Roos 34, Fanus Walters 34, George Hunt 33, Dawie Viljoen 31 en Solly Wessels 30. Naaste aan die penne was Leon Hattingh op no 2 en Clive Bailey op no 17. Leon Lombaard teken 'n Spog Twee aan op putjie no 17. Fanus Walters wen die Boerpotputjies op no’s 4, 6 en 9.
Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur George Hunt met 23 punte, gevolg deur Solly Wessels 19, Andre Roos 19, Francois van der Merwe 16, Etienne Engelbrecht 16 en Clive Bailey 15.
Saterdag se kompetisie was 'n Gekombineerde Enkel Stableford en die wenners was Daniel van der Merwe en Francois van der Merwe met 65, gevolg deur Fanus Walters en Etienne Engelbrecht 65, Solly Wessels en Leon Lombaard 55, Lieb Louw en Johan Schneider 55, Hennie Gerber en George Hunt 55, Dirk van Dyk en Hennie Kriel 52, Andre Roos en Pierre Pieters 51, Sextus Neethling en Hugo Groenewald 45, Daan Victor en Leon Hattingh 44 en Neil Harrison en Wally van Coller 43.
Naaste aan die penne was George Hunt op no’s 2 en 11 en Daniel van der Merwe op no’s 8 en 17. Op putjie no 17 teken Sextus Neethling en Daniel van der Merwe elk Spog Twee's aan.
Volgende Saterdag se 4BBB Stablefordkompetisie word geborg deur J & A Panelbeaters.
Vrydag, 28 Julie is dit weer Steakbraai.
Algemene Jaarvergadering op Donderdag, 24 Augustus 2017.