Twee boeties, waarvan 1 ‘n oud-Gansbaaier, het die afgelope naweek uitstekend gevaar in die Klein Karoo Stampmotorkampioenskappe wat in Oudtshoorn aangebied is.
Johan (22) en Niel Engelbrecht (15) het onderskeidelik 1ste en 3de in die Ontwikkelingsklas geëindig. Dit is 1 van die grootste wedrenne in die land. Die twee boeties neem minder as ‘n jaar deel aan die sportsoort.
Hulle ma, Leana Engelbrecht wat by Omega Verf en Hardeware werksaam is, was Maandag baie trots op haar seunskinders toe sy die nuus met die Gansbaai Courant gedeel het.
Niel is ‘n oud-leerling van Gansbaai Laerskool en is tans ‘n leerling van die Oakdale Landbouskool in Riversdal, terwyl Johan in George woon.