Hulle stap vir verlore engeltjies

Hulle stap vir verlore engeltjies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en Carmen Mitchell (34), is onlangs in die Stanford-omgewing teëgekom. Diè twee is besig met ‘n staptog vanaf Somerset-Wes tot by Agulhas (sowat 198km) ten bate van Heaven’s Missing Angels, ‘n tuiste vir minderbevoorregte kinders in Uitenhage.

Hulle het Saterdag, 14 Julie 2017 in Somerset-Wes met hul staptog van sowat 14 dae na Agulhas begin en het Donderdag, 20 Julie in Gansbaai aangekom.

Tommy het reeds sowat 6 jaar gelede met staptogte ten bate van liefdadigheid begin en sê hy stap gemiddeld sowat 7 000km per jaar.

“Hierdie is Carmen se eerste staptog. Ons het vooraf elke dag tussen 15km en 20km gestap vir haar om te oefen,” vertel Tommy. “Dit was duidelik dat sy fiks genoeg is, maar toe ons Sir Lowrypas, met ‘n sterk wind van voor, uitgestap het, was dit vir ons altwee baie moeilik.”

Hy sê hulle het net betyds by Botrivier uitgekom voordat ‘n hewige haelbui uitgesak het.

Die twee stap elk met ‘n gholfwaentjie, aangesien dit makliker vir hulle is om die gewig van 40kg en 60kg te trek as om dit op die rug te dra. Tommy doen self hulle bemarking. Sonder enige vooraf beplanning en in elke dorp word hulle tegemoet gekom met oornaggeriewe.

In Gansbaai het hulle by Naomi Nell se gastehuis in Kleinbaai gratis verblyf gekry, asook by Otto en Gina Boysen van Haus Giotto Gastehuis en The Farmlady’s Shed het hulle toegerus vir die dag se stap met ‘n gratis ontbyt.

In elke dorp waar hulle aandoen, probeer hulle skakel met niewinsgewende organisasies. Tommy lewer dan motiveringspraatjies oor onder andere gebroke huwelike en Carmen oor dwelmmisbruik.

Weens die skoolvakansie het Gansbaai Courant hulle na past Frikkie Zeelie verwys, maar hulle kon ongelukkig nie met bestuurslede van ander organisasies in aanraking kom nie.

“Sodra ons terug is, gaan ek ‘n paar dae rus en dan pak ek my volgende staptog ten bate van ‘Walking with Wounded Children’ aan,” het Tommy gesê.

Tommy is goed bekend met Gansbaai, aangesien hy so-wat 5 jaar gelede ‘n verfwinkel, Wonder Coat Paints hier bedryf het, wat hy later na Grabouw verskuif het.

Heavens Missing Angels se NPO-nommer is 134981 en die bankbesonderhede vir donasies is: Capitec bank; Takkode 470010; Rekeningnaam Tommy Beeslaar; Rekeningnommer 137 436 4825.

Hulle stap vir verlore engeltjies

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles