Van petroljoggie tot sakeman moet toerisme bou

Van petroljoggie tot sakeman moet toerisme bou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Groep van 22 persone van Cape Whale Coast se toerisme- en bemarkingspersoneel het Kaapstad onlangs besoek om te kyk wat die Moederstad bied.

Glenda Kitley en Doulene Els van Gansbaai Toerisme asook 2 van Gansbaai se raadslede, het deel uitgemaak van die groep wat Donderdag, 6 Julie vanaf Hermanus na Kaapstad vertrek het.

“Ons was baie opgewonde”, vertel Glenda Kitley. “Om per bus Kaap toe te kon ry, het beteken ons kon die pragtige landskappe, Sir Lowry's bergpas, Kaapstadse lughawe, Tafelberg en baie meer rustig vanuit die hoogte besigtig, geniet en waardeer!”

Die groep se eerste besoek was aan die Tsogo Sun waar hulle die South African Tourism Road Show bygewoon het met Minister Alan Winde as die gasheer.

Daar is die aanbieders se Campaign: I Do Tourism and We Do Tourism aan die groep bekendgestel en verduidelik.

Glenda sê die fasiliteerders het dit duidelik gemaak dat alle inwoners van ‘n dorp toerisme behoort te bevorder en te beoefen, vanaf die petroljoggie tot by besigheidseienaars.

Daarna is ‘n smaaklike middagete geniet, waarna die groep na die gewilde V&A Waterfront vertrek het, waar hulle rustig kon ronddwaal. Hulle was ook bevoorreg om ‘n Behind The Scene Tour in die Two Oceans Aquarium te kon meemaak.

Minister Alan Winde se kantore van die Ministerie van Ekonomiese Geleenthede, is daarna besoek. Minister Winde het as gasheer opgetree, soos wat hy “elke eerste Donderdag” vir verskillende groepe doen. Die kuiergaste kon rondbeweeg om te sien wat daar alles is om aan toeriste bekend te stel.

“’n Hoogtepunt vir ons was toe ons in twee groepe opgedeel is en deur die strate van Kaapstad aan die sogenaamde ‘Thursdays Walk and What’ kon meedoen,” vertel Glenda. “And what an experience this was - a Cape Town vibe at night!”

Van petroljoggie tot sakeman moet toerisme bou

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles