Overberg neem deel aan WP-liga

Overberg neem deel aan WP-liga

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Bootklub het die afgelope naweek weer deelgeneem aan die WP hengelliga.

Die 3 klubs wat betrokke was, was Gordonsbaai Boat and Angling Club, Cape Boat & Ski Boat van Kaappunt en Overberg Bootklub.

Hengelaars kon vanaf hul eie klub af see toe gaan, of as hulle wou, kon hulle by een van die ander klubs gaan hengel.

Die kompetisie het Sondag plaasgevind.

3 van Overberg Hengelklub se bote is vanaf Kleinbaai hawe see toe en 1 vanaf Gansbaai hawe.

Die spanne is net na sonop (07:15) uit see toe en dit was ‘n pragtige dag op see.

‘Lyne op’ was 15:00 en die skaal is nader getrek by die klubhuis. 16 hengelaars het deelgeneem waarvan 4 juniors en 2 dames.

4 spesies is ingeweeg. 

Swaarste in spesie: Hottentotsvis 1.22kg gevang deur Stephen Ashlin, rooiroman 2.97kg gevang deur Robert Dahl, rooistompkop 1.98kg gevang deur Ric Icvisis en swaarste rooi stompkop 2.18 gevang deur DP Burger. Teen ons ter perse gaan was dit nog nie bekend watter van die klubs die kompetisie gewen het nie.

DP Burger neem van 4-9 Augustus aan die 2017 NDSAA Bottom Nationals in Durban deel en is ‘n lid van die WP-span. 

Overberg neem deel aan WP-liga

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles