Meester-skrywers

Meester-skrywers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook kuratore van die Strandveld Museum in Franskraal, Jan en SD Fourie, het eintlik geen bekendstelling nodig nie.

Afsonderlik en gesamentlik het hulle al vele gepubliseerde (en bekroonde) werke die lig laat sien.

Gerrit Cloete van Franskraal, koerantjoernalis vir bykans 30 jaar, beskryf Jan en SD Fourie as meesters van die vertelkuns in keurige Afrikaans. 

Gesamentlike werke

Die volgende gepubliseerde werke het gesamentlik, hetsy met Jan as medesamesteller of medeskrywer saam met SD, die lig gesien:

Duskant die Duine, Gansbaai Kerkgeskiedenis (1994), Laer-skool Gedenkblad 1906 -2006 (2006), Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense (2016), Kare Nawa, Namibië (2008), Kers-klokkies oor Branderbaai (2010) en Hans Blits se Snoek en patats en ander Napierstories (2017). 

SD Fourie

Radiodramas en hoorbeelde is SD se geliefkoosde genre waarvoor sy al verskeie pryse ontvang het.

Sy was ook dramaturg van ‘n hele paar bekroonde Laerskool produksies.

Van SD se bekroonde dramas in die RSG/Sanlam Radiokompetisies is: 3de prys vir “Roep van die Potjieriet” (2004), 1ste prys  vir “Droomskip”(2008) as mede-skrywer en titeldraer, 3de prys vir John Birkenhead (2012), asook ‘n hele paar onbekroonde dramas wat wel uitgesaai is.

Sy is ook ‘n ywerige skrywer van rubrieke, kortverhale, kontreikuns, reisverhale en andere in Rooi Rose en Huisgenoot (fiksie), Die Kultuurhistorikus, Buite Burger, Reis Burger,  Overberg Venster en oor ‘n tydperk van 10 jaar het sy ook twee-weeklikse rubrieke vir Gansbaai Courant geskryf.

SD se plaasverhaal in Riana Scheepers se  Die Melkweg het ‘n ster laat val en ‘n kortverhaal, Luitjie se vloek, is in Abraham de Vries se Kontreistories opgeneem.

Dan is daar ook ‘n paar verse  in Die Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh, opgeneem.

Die wenverhaal van Reisnet en Litnet vir Wegbreek, Somer op Skipskop, is vanjaar in Kleure van die liefde in Rooi Rose gepubliseer - ‘n bundel met 25 van die beste stories tot nog toe oor ‘n tydperk van 75 jaar. Die bundel  is deur Corlia Fourie saamgestel.

Haar twee romans, Die lantern-swaaier (2011) en Die dooies leef (2014) het ook groot welslae behaal, met eersgenoemde wat in Nederlands na De Lantaarn-zwaaier vertaal is en in Nederland gepubliseer is.

Jan (Pyp) Fourie

Jan Pyp, soos alom bekendstaan, is in vele opsigte SD se regterhand as mede-kurator in Strandveld Museum, asook met navorsingswerk, medeskrywer en medesamesteller van gepubliseerde werke.

Op sy eie het Jan die volgende publikasies die lig laat sien: Wisselstrale oor die Strandveld (1994), Dagbreek oor Dyers-eiland (1997), Strandveldse gisterdinge (2001), Dawn at Dyer (2002) en Vlugroep van die Tawiep (2014).

Jan en SD Fourie, voorwaar twee Strandvelders op wie Gansbaai trots kan wees.                              

Meester-skrywers

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles