Vyf droom... en een wen die SPAR-motor

Vyf droom... en een wen die SPAR-motor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor gedroom - net een kon dit wen: Suretha le Grange van die Kaap.

Suretha, wat ‘n vakansiehuis in De Kelders besit, se ma, Elzane Steynburg, het die wenkoevert Dinsdag, 1 Augustus 2017 namens haar dogter in ontvangs geneem.

Die amptelike oorhandiging van die motor, ‘n wit Hyundai Grand i10 1.2, sal later plaasvind.

Die ander 4 finaliste was Johan Strydom (Kleinbaai), Hans Schilhorn (Franskraal), Nwabisa Mjou (Masakhane) en Steven du Toit (Gansbaai).

De Wet van Niekerk, mede-eienaar van Gansbaai Superspar het die 5 finaliskoeverte “geskommel” en Morkel van Niekerk, ook mede-eienaar, het die wenkoevert getrek. Riana Enslin van Gansbaai Superspar het met ‘n breë glimlag die wenner se naam uitgelees. Asof vanuit die niet verskyn, het Gansbaai Superspar se personeel bymekaargestaan, hande geklap en die wenner luidkeels toegejuig.

Die kompetisie is geloods deur die volgende winkels wat aan dieselfde groep behoort: Gansbaai Superspar, Bredasdorp Superspar, Kleinmond Superspar, Gateway Superspar in Hermanus en Eastcliff Kwikspar.

Die doel van hierdie jaarlikse kompetisie is om terug te gee aan die gemeenskap vir getroue ondersteuning.

Die kompetisie is ook apart van die jaarlikse Win-a-car kompetisie wat nasionaal deur Spar gereël word.

Bredasdorp Superspar het ‘n motor in die nasionale kompetisie gewen.

Vyf droom... en een wen die SPAR-motor

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles