Clive deel sy lewe as ingenieur oorsee

Clive deel sy lewe as ingenieur oorsee

Gansbaai Courant

Clive Bailey (67), ‘n gegradueerde elektroniese ingenieur van De Kelders, is reeds vir vele jare ‘n “gesoute” werker in die buiteland. 

“Ek het in drie groots verskillende lande in die buiteland gaan werk, ingesluit vir 3 weke in die Koninkryk van Saudi Arabia,” vertel Clive.

“My eerste ondervinding was in Thailand waar ek gehelp het om ‘n bestaande staalfabriek weer in bedryf te stel.” Daar het hy sedert 2004 vir 18 maande gewerk.

Hy beskryf Thailand as ‘n wonderlike plek om in te woon en te werk, veral met die tropiese klimaat en baie vriendelike mense.

Koninkryk van Bahrain

Clive se eerste termyn in die Koninkryk van Bahrain was vir 6 jaar (2006 tot 2015), ook om ‘n staalfabriek op die been te bring.

Bahrain Eiland se hoofstad, Manama is aan die bopunt van die eiland en is ‘n belangrike handelsentrum in die Persiese Golf. Links van Bahrain is Saudi-Arabië en regs die Staat van  Qatar, met Iran regs aan die bokant.

Gedurende hierdie tydperk was Clive se eggenote, Jane, hulle dogter, Genevieve en hulle seun, JC vir die eerste 5 jaar saam met hom daar. JC was vanaf graad 10 tot graad 13 (standaard in Bahrain) daar op skool.

‘n Tyd nà Clive se werksaamhede daar, het die staalfabriek vir sowat 5 jaar gesluit.

2de termyn in Bahrain

Tans is Clive vir ‘n tweede termyn in Bahrain, waar hy gevra is om weer behulpsaam te wees om dieselfde staalfabriek in werking te stel.

Hy is reeds in 2016 daarheen en hoop om sy werk teen April 2018 daar te voltooi.

“Dis ‘n dorre, warm land met somertemperature van meer as 50 grade Celsius,” sê hy. “Om dit verder te bemoeilik kan die vogtigheid tot 90 plus word.” Hy hou 2 tot 3 stelle werksklere in sy kantoor byderhand, want 15 minute in die aanleg en dit lyk asof hy in ‘n stort gaan staan het.

“Dis ‘n Moslemwêreld en soggens as die son opkom word jy wakker gemaak deur die roep van die Mullas oor die honderde luidsprekers en dit word 5 keer per dag herhaal.

Die meeste buitelanders in Bahrain woon in woonstelblokke of in “compounds” (groepe villas), sowat 15 tot 20, omring met ‘n muur en wagte by die hoofingang.

Gholfbane vir afleiding

Clive, ‘n kranige gholfspeler in Gansbaai, sê daar is 4 gholfbane op die eiland: 2 is woestynbane met oliesand as setperke wat bekostigbaar is om op te speel. Die ander twee is onbekostigbaar: Die Royal Gholfbaan met gras setperke wat deur Colin Montgomery uitgelê is en die privaat gholfbaan van die koning van Bahrain.

Clive vertoon ewe trots sy gholftrofee aan Gansbaai Courant wat hy daar verower het: Awali Golf Club Winner 2016/2017, Flight-3 Gents Matchplay, vir spelers met ‘n voorgee van 19 of meer.

“Goedkoop is dit beslis nie om daar te bly nie,” vertel Clive. “My 2-slaapkamer woonstel kos 550 Bahraini Dinars (R19 800) per maand en ‘n bier by die plaaslike kroeg kos 3.75 Bahraini Dinars (R135.00).”

Clive se verjaardag in Bahrain

Clive se eggenote, Jane en hulle dogter, Genevieve, het besluit genoeg is genoeg van Clive se oorsese werkery en het vir ‘n maand lank by hom in Bahrain gaan kuier - ook om sy verjaardag op 15 Junie saam met hom te vier.

“Ons het net ‘n week voordat Ramadan (Moslems se heilige maand van vas) begin, in Bahrain by Clive aangesluit, wat ‘n moeilike tyd vir ‘n vrou is om daar aan te kom.”

Daar mag nie in die openbaar geëet of gedrink word nie en die 2 dames moes hulself stil gedra en konserwatief aantrek, maar hulle het die maand saam met manlief in die Koninkryk van Bahrain baie geniet.

Clive deel sy lewe as ingenieur oorsee

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles