"Ek en die Here alleen het hier gebou"

"Ek en die Here alleen het hier gebou"

Gansbaai Courant

“Alles wat jy hier sien,” beduie oom Koos, “die huisie, hierdie muur waarmee ek besig is en van die meubels daar binne, het die Here en ek alleen gebou”. 

So praat die 86-jarige oom Koos Groenewald van Kleinbaai.

Hy vertel dat hy in Februarie verlede jaar die taak van eie huis bou aangepak het en nou is hy so te sê klaar. Hy wys na die stewige  8 meter lange balke in die huis en beduie hoe hy man alleen met ‘n tuinvurk as stut aan die een kant en die ander punt oor sy skouer die leer opgeklim het om die balke in posisie te plaas.

Oom Koos se storie dien weliswaar as aansporing vir hedendaagse leerlinge.

 Hy was van kleins af al goed met sy hande vertel hy en het op skool houtwerk geneem en van wetenskap gehou. Daarvan getuig die staanhorlosie wat hy eiehandig gebou het. Dit alleen het hom 11 maande geneem. Dan is daar ook allerlei tafeltjies en spieëls met houtrame en ook ‘n juiste weergawe van sy broer Pilla se eerste pelargiese bootjie, die Steenbras. Daar is ook ‘n replika van die familie se Berggans treiler wat hom ‘n jaar geneem het om te bou.

Oom Koos het na st 8 (gr 10) die skool verlaat om by die SAP aan te sluit  en was drie jaar lank 'n polisieman in Kaapstad.

Dit was egter altyd sy begeerte om prokureur te word, vertel hy,  maar daarvoor sou hy moes teruggaan skool toe om klaar te maak.

Dis eers na sy polisiedae dat hy terug Napier toe is waar hy op 21 jarige ouderdom matrikuleer.

 Hierna het hy deur Unisa begin regte studeer.  In sy finale jaar kry hy egter ‘n werksaanbod van Krygkor in Somerset-Wes waarvoor hy nie kon nee sê nie en dis toe daar waar hy op ouderdom 60 jaar, 12 ½  jaar later in die pos van Hoofaankoper aftree met pensioen.

In dié stadium het oom Koos en sy vrou Ansie in Gordonsbaai gebly, maar hy wou graag terug na Gansbaai. Toe die trekdag kom moes hy maar alleen trek, want sy vrou het na 39 jaar besluit sy wil haar suster wat verlam is gaan oppas. Hier aangekom het hy toe vir ‘n paar maande in sy broer Pilla se tuin in ‘n woonwa geleef en toe sy erf in Kleinbaai gekoop.

In Kleinbaai aangekom het oom Koos met die hulp van ‘n span werkers 5 huise gebou. Nee, hy het toe nie veel van huisbou geweet nie, lag hy, hy het maar die boek van Simonei gekry en daarvolgens gewerk .

So deur die jare heen het hy ook nog pen op papier gesit en sy boekie, ‘Toe Gansbaai nog jonk was…' bevat interessante staaltjies onder andere oor die onstaan en stigting van Gansbaai, seekat gaffel en doppiesvang, die geheime grot, astrante spoke en dies meer.

Nou bly hy rustig in sy eie huisie met ‘n tuin vol pragtige melkhoutbome en het nog net die muur om klaar te maak.

"Ek en die Here alleen het hier gebou"

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles