"Ek en die Here alleen het hier gebou"

"Ek en die Here alleen het hier gebou"

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Alles wat jy hier sien,” beduie oom Koos, “die huisie, hierdie muur waarmee ek besig is en van die meubels daar binne, het die Here en ek alleen gebou”. 

So praat die 86-jarige oom Koos Groenewald van Kleinbaai.

Hy vertel dat hy in Februarie verlede jaar die taak van eie huis bou aangepak het en nou is hy so te sê klaar. Hy wys na die stewige  8 meter lange balke in die huis en beduie hoe hy man alleen met ‘n tuinvurk as stut aan die een kant en die ander punt oor sy skouer die leer opgeklim het om die balke in posisie te plaas.

Oom Koos se storie dien weliswaar as aansporing vir hedendaagse leerlinge.

 Hy was van kleins af al goed met sy hande vertel hy en het op skool houtwerk geneem en van wetenskap gehou. Daarvan getuig die staanhorlosie wat hy eiehandig gebou het. Dit alleen het hom 11 maande geneem. Dan is daar ook allerlei tafeltjies en spieëls met houtrame en ook ‘n juiste weergawe van sy broer Pilla se eerste pelargiese bootjie, die Steenbras. Daar is ook ‘n replika van die familie se Berggans treiler wat hom ‘n jaar geneem het om te bou.

Oom Koos het na st 8 (gr 10) die skool verlaat om by die SAP aan te sluit  en was drie jaar lank 'n polisieman in Kaapstad.

Dit was egter altyd sy begeerte om prokureur te word, vertel hy,  maar daarvoor sou hy moes teruggaan skool toe om klaar te maak.

Dis eers na sy polisiedae dat hy terug Napier toe is waar hy op 21 jarige ouderdom matrikuleer.

 Hierna het hy deur Unisa begin regte studeer.  In sy finale jaar kry hy egter ‘n werksaanbod van Krygkor in Somerset-Wes waarvoor hy nie kon nee sê nie en dis toe daar waar hy op ouderdom 60 jaar, 12 ½  jaar later in die pos van Hoofaankoper aftree met pensioen.

In dié stadium het oom Koos en sy vrou Ansie in Gordonsbaai gebly, maar hy wou graag terug na Gansbaai. Toe die trekdag kom moes hy maar alleen trek, want sy vrou het na 39 jaar besluit sy wil haar suster wat verlam is gaan oppas. Hier aangekom het hy toe vir ‘n paar maande in sy broer Pilla se tuin in ‘n woonwa geleef en toe sy erf in Kleinbaai gekoop.

In Kleinbaai aangekom het oom Koos met die hulp van ‘n span werkers 5 huise gebou. Nee, hy het toe nie veel van huisbou geweet nie, lag hy, hy het maar die boek van Simonei gekry en daarvolgens gewerk .

So deur die jare heen het hy ook nog pen op papier gesit en sy boekie, ‘Toe Gansbaai nog jonk was…' bevat interessante staaltjies onder andere oor die onstaan en stigting van Gansbaai, seekat gaffel en doppiesvang, die geheime grot, astrante spoke en dies meer.

Nou bly hy rustig in sy eie huisie met ‘n tuin vol pragtige melkhoutbome en het nog net die muur om klaar te maak.

"Ek en die Here alleen het hier gebou"

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles