Chris Pead kook al van kindsbeen af

Chris Pead kook al van kindsbeen af

Gansbaai Courant

‘n Sjef wat vanaf kindsbeen “aan die kook is” en van krag tot krag in sy beroep gegroei het, is beslis sjef Christopher (Chris) Pead (47). Chris is tans die Uitvoerende Sjef van The Great White House in Kleinbaai.

Chris is op 17 Junie 1970 in Mosselbaai gebore en matrikuleer in 1987 in Worcester. Hy sê dat hy sedert sy kinderjare lief vir die kombuis was en ook gaande oor die spysenierings- en kookkuns.

“Gedurende my militêre diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag in Bloemfontein vanaf 1988 tot 1990, het die ‘gogga’ vir die spysenierings- en kookkuns my behoorlik gebyt en wou ek niks anders as ‘n sjef wees nie,” vertel hy.

Chris is sowat 28 jaar in die sjef-bedryf en is ook ‘n lid van die South African Chef’s Association. Hy spog (baie beskeie!) met die volgende prestige toekenning: Suid-Afrikaanse Sjef van die Jaar in Headline Leisure Management in 2012, terwyl hy in diens van die Sun International Grand West Casino in Kaapstad was vanaf 2011 tot 2014.

Chris se kwalifikasies behels die volgende: Gourmet Cooking and Catering - Intec (2001); ‘n Sjef diploma - The Swiss Institute of Hospitality Training (2002); Food Consulting Services - HLM Catering Co (2011).

Chris het aanvanklik in April 2014 by The Great White House as sjef begin werk. Na ‘n jaar is hy weg daar en het toe as Sjef-lektor by die Capsicum Culinary School in Kaapstad lesings aangebied vir sowat ‘n jaar.

Gansbaai het hom in Mei 2016 terug geroep.

Hy het permanent na The Great White House teruggekeer en hom in Gansbaai kom vestig.

Getroud? Natuurlik - ‘n skrale 6 weke gelede op 14 Junie in Gansbaai se AGS-kerk.

Pastoor Frikkie Zeelie het hom en sy geliefde, Lisa van Kaapstad, in die huwelik bevestig.

Chris is bekend vir die heerlike disse wat voorgesit word wanneer Gansbaai Wynproegilde hul byeenkomste daar aanbied. 

Hy het ‘n baie spesiale plekkie in Anita Botha, een van die wynproelede, se hart verower. “Hy sorg altyd vir die heerlikste glutenvrye disse en nagereg vir my omdat ek gluten-allergies is,” vertel sy.

Chris is ‘n uitgesproke en toegewyde Christen en sê dat hy die teologie baie geniet en hy is ook ‘n versamelaar van antieke Bybels.

Vir afleiding is hy lief vir motorfietsritte, maar tans geniet hy dit die meeste om tyd saam met sy “splinternuwe” vroutjie deur te bring.

Die tweetjies is ook lief om die omgewing met hulle twee honde, Lycan en Shiloh, te verken.

Chris Pead kook al van kindsbeen af

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles