Chris Pead kook al van kindsbeen af

Chris Pead kook al van kindsbeen af

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Sjef wat vanaf kindsbeen “aan die kook is” en van krag tot krag in sy beroep gegroei het, is beslis sjef Christopher (Chris) Pead (47). Chris is tans die Uitvoerende Sjef van The Great White House in Kleinbaai.

Chris is op 17 Junie 1970 in Mosselbaai gebore en matrikuleer in 1987 in Worcester. Hy sê dat hy sedert sy kinderjare lief vir die kombuis was en ook gaande oor die spysenierings- en kookkuns.

“Gedurende my militêre diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag in Bloemfontein vanaf 1988 tot 1990, het die ‘gogga’ vir die spysenierings- en kookkuns my behoorlik gebyt en wou ek niks anders as ‘n sjef wees nie,” vertel hy.

Chris is sowat 28 jaar in die sjef-bedryf en is ook ‘n lid van die South African Chef’s Association. Hy spog (baie beskeie!) met die volgende prestige toekenning: Suid-Afrikaanse Sjef van die Jaar in Headline Leisure Management in 2012, terwyl hy in diens van die Sun International Grand West Casino in Kaapstad was vanaf 2011 tot 2014.

Chris se kwalifikasies behels die volgende: Gourmet Cooking and Catering - Intec (2001); ‘n Sjef diploma - The Swiss Institute of Hospitality Training (2002); Food Consulting Services - HLM Catering Co (2011).

Chris het aanvanklik in April 2014 by The Great White House as sjef begin werk. Na ‘n jaar is hy weg daar en het toe as Sjef-lektor by die Capsicum Culinary School in Kaapstad lesings aangebied vir sowat ‘n jaar.

Gansbaai het hom in Mei 2016 terug geroep.

Hy het permanent na The Great White House teruggekeer en hom in Gansbaai kom vestig.

Getroud? Natuurlik - ‘n skrale 6 weke gelede op 14 Junie in Gansbaai se AGS-kerk.

Pastoor Frikkie Zeelie het hom en sy geliefde, Lisa van Kaapstad, in die huwelik bevestig.

Chris is bekend vir die heerlike disse wat voorgesit word wanneer Gansbaai Wynproegilde hul byeenkomste daar aanbied. 

Hy het ‘n baie spesiale plekkie in Anita Botha, een van die wynproelede, se hart verower. “Hy sorg altyd vir die heerlikste glutenvrye disse en nagereg vir my omdat ek gluten-allergies is,” vertel sy.

Chris is ‘n uitgesproke en toegewyde Christen en sê dat hy die teologie baie geniet en hy is ook ‘n versamelaar van antieke Bybels.

Vir afleiding is hy lief vir motorfietsritte, maar tans geniet hy dit die meeste om tyd saam met sy “splinternuwe” vroutjie deur te bring.

Die tweetjies is ook lief om die omgewing met hulle twee honde, Lycan en Shiloh, te verken.

Chris Pead kook al van kindsbeen af

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles