Die uitstekende diens wat motoriste by Gansbaai se vulstasies ontvang, is onlangs tydens ‘n spoggeleentheid by die Spierlandgoed beloon.
Die Caltex vulstasie in Hoofstraat, Central Motors, het twee toekennings tydens die geleentheid ontvang.
‘n Sertifikaat vir 100% kliëntediens en ‘n derde plek as Handelaar van die Jaar.
Tydens ‘n bedrywige Dinsdagoggend, kort voor die brandstofprysstyging het die petroljoggies vinnig reggestaan om met hul toekennings te spog.