Spinnekop

Spinnekop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kyk maar mooi, minstens een van die manne op die boot sal so iets, of een of ander patent soortgelyks, aan boord hê. Tussen die ander stokke sal jy hom gewaar, so ‘n pieperige visstokkie, wat lyk asof dit nie juis aan boord hoort nie en asof dit in elk geval geen vis sal kan hanteer nie.

Vra bietjie waar pas hy in en heel trots sal die eienaar daarvan vir jou sê dat sy naam iets soos Spinnekop is en dat hierdie stokkie ‘n spesiale doel het en dat jy later sal sien wat dit is. So gaan julle maar aan en een of ander tyd hou die vis op met byt en dis juis dan wanneer daar met ‘n plan B vorendag gekom word. Groter, of kleiner hoeke, lyne wat anders opgemaak is, ase tot nog toe nie gebruik nie, swaarder sinkers (of selfs ‘n glysinker?) en indien al hierdie goed nie werk nie, dan kom plan C vorendag. Dit weer behels enigiets wat daardie besonderse dag nog nie probeer is nie, en dit kan enigiets beteken.

Dis dan wanneer Spinnekop in die prentjie kom! So terloops word hierdie verskoning van ‘n stokkie uitgegrawe en voorberei om sy ding te doen. Normaalweg beteken dit ‘n baie ligte lyntjie en indien moontlik, geen sinker nie. Dan word die asie, deur middel van die koffiemeultjie, so ‘n meter of wat see-in geslinger. Die seestroom maak nogal saak, want hierdie lyntjie moet niemand hinder nie en sy werk is om verkenning te doen. Die asie gaan daar rondbeweeg en glo my, indien daar iets rondswem sal Spinnekop sorg dat die asie aantreklik genoeg lyk vir ‘n ordentlike byt. As die vis eers aan die loop gaan sal hierdie kombinasaie verseker dat jy die prys kry vir “sports van die dag”. Moet nie ‘n fout maak nie, Spinnekop is nie beperk tot net ‘n klein hoekie en dalk ‘n ertjiepit-sinkertjie nie. Dis die voorkeur keuse ja, maar netsowel kan van ‘n groterige sinker en groter hoek gebruik gemaak word en as daai lyntjie eers afgesak het moet jy jou maar voorberei vir die onverwagte. Met die regte tegniek kort dit mooi werk en die satisfaksie wanneer jy ‘n ordentlike vis in die boot lig is wat alles die moeite werd maak. Hierdie stokkie is vir seker mossie maar man.

Soos Spinnekop is daar ook talle ander tegnieke en voorbeelde wat gebruik kan word wanneer jy so bietjie oemf nodig het en die tyd ryp is vir ‘n nuwe gedagte. Dis in elk  geval altyd ‘n goeie idee om te eksperimenteer - daardie onverwagte resultate is iets om na uit te sien.

Lekker vang. Baie groete, Seemeeu

Spinnekop

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles