Atlete vir Christus

Atlete vir Christus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Atlete vir Christus 2017” het onlangs vanaf die Universiteit van Stellenbosch na Pearly Beach NG-gemeente gedraf om hul evangelie-boodskap daar uit te bring.

Die groep, onder leiding van hul “toerpa”, ds Frankie Gerber, ‘n leraar van Ceres-vallei, is ‘n diverse groep vrywillige studente. Hulle bestaan uit 10 atlete, ‘n sang-groep van 10 lede en 3 werkers. Dit is ‘n tradisieryke aksie wat al vir meer as 40 jaar tydens die Junie/Julie vakansies in verskeie dorpe  optree om fondse vir die bediening aan gevangenes in te samel.

“Hierdie groep vrywillige studente is ware ambassadeurs vir die Koninkryk van Christus,” het ds Gerber gesê. “Hulle hardloop, sing, gesels, getuig en leef Jesus Christus!”

Ds Gerber is self ‘n oud-atleet wat in 1977 deel was van “Atlete vir Christus” se toer- en drafgeselskap tussen Stellenbosch en Ladysmith (KwaZulu-Natal).

Tydens die byeenkoms in Pearly Beach, het drie almamaters van die Universiteit van Stellenbosch se Teologiese Fakulteit, wat in 1981 saam afstudeer het, mekaar weer ontmoet vir ‘n gesellige saamkuier. Hulle is ds Frankie Gerber, toerleier van die besoekers, emeritus predikant van Pearly Beach, ds Hennie Basson en ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente.

Die jaarlikse doelwit van die groepe is om minstens R50 000 in te samel vir die evangelisasiewerk wat Bybel-media Suid-Afrika in Suid-Afrikaanse gevangenisse doen.

Atlete vir Christus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

Last week, we explored how many people spend their lives searching for recognition...

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Patch was brought to BARC as a stray (although we think he may have rescued himself!).

BARC Animal Welfare
SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

Think you know your music? Then it's time to put your ears to the test at our exciting Singo Bingo Night!

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

A well-designed stoep adds real value to a home, but open spaces are not always practical in changing weather conditions.

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year.

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles