Hoe ouer die wyn, hoe beter...

Hoe ouer die wyn, hoe beter...

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hou ouer die wyn, hoe beter!  Dit was ‘n goeie rede om (tong-in-die-kies) verlede maand se Gansbaai Wynproegilde berig ‘n week of twee uit te stel.

Die wynproe-aand vir Julie is in die Great White House aangebied saam met ‘n komplimenterende spyskaart. Hoewel die paar weke se uitstel nie werklik gehelp het vir die veroudering van die jong wyne wat aangebied is nie.

Michell Haai, ‘n uitstekende aanbieder en streeksverteenwoordiger van Ashton Wynkelder, het die gaste sommer gou aan haar lippe laat hang - én laat toustaan om bestellings te plaas.

Die meerderheid van die aand se wyne was baie jonk en het ‘n mate van kritiek uitgelok.

“Tot op datum het ons meer op massaproduksie gefokus,” het Michell gesê. “Ons begin egter nou meer fokus op gebottelde wyn en daarom is die meeste van vanaand se wyne baie jonk.”

Die uitstekende (jong!) wyne van Ashton Wynkelder wat geproe is (lede se beoordeling in hakkies), is 2017 Sauvignon Blanc (silwer+), 2017 Chenin Blanc (silwer+), 2017 Chardony Unwooded (silwer+), 2015 Pinotage (goud), 2015 Red Muscadel (silwer++) en 2015 Roodewal Reserve (goud).

Roodewal Reserve is ‘n besonderse rooiwyn, waarvan die grootste gedeelte na Japan uitgevoer word. “With a subtle aftertaste of dark fruit, black forest cake, cassis and cigar box, this wine pays homage to our beloved district, its people and its heritage.”

Die Roodewal Reserve bestaan uit Shiraz (40%), Carbenet (40%) en Pinotage (20%).

Chris Pead, uitvoerende sjef van die Great White House, het homself weer eens oortref met sy spyskaart wat die onderskeie wyne perfek aangevul het.

Hoe ouer die wyn, hoe beter...

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles