Tannie Joey Nel vier 90 mooi jare

Tannie Joey Nel vier 90 mooi jare

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tannie Joey Nell het Saterdag haar 90ste verjaarsdag gevier. Sy woon sedert Februarie 2017 in Gansbaai. Sy het 3 kinders (Theo, Lynn en Leon), 5 kleinkinders en 4 agterkleinseuns.

Tannie Joey is in 1927 gebore. Sy het grootgeword in Magaliesburg omgewing op die plase Seekoeihoek en Sandfontein. Sy vertel graag staaltjies oor haar gelukkige kinderjare; kaalvoet loop, enige “tricks” om nie skoene skool toe te dra nie wat dan onvermydelik uitgeloop het op ‘n pak slae; hulle lewe met kerse en afstap na die rivier om water te gaan haal.

In 1946 is sy getroud met oom Jan Nell van Krugersdorp.  Tannie Joey en oom Jan se pad het wyd gedraai in ‘n huwelik van amper 50 jaar.

Hulle is as pasgetroudes na Nkana in die destydse Noord Rhodesie waar oom Jan by die myn gewerk het. Hul oudste seun Theo is daar gebore. 

Later is hulle na Mufulira waar oom Jan op die Koperbelt gewerk het. Lynn en Leon, haar ander twee kinders is daar gebore. 

Hier het haar vrees vir donderweer en wind ontstaan toe ‘n groot boom hul huis te pletter geval het en sy net betyds met die twee klein kindertjies buitentoe kon hardloop.

Sy het altyd met deernis vertel hoe die mense hulle kom help het om gou weer in ‘n nuwe mynhuis te  kon tuisraak.

Oom Jan was ook destyds betrokke by Operation Noah in Kariba waar hulle gestrande diere van die eiland gaan red het.  

Die Nell familie is in 1963 terug na Suid-Afrika waar Tannie Joey vir 20 jaar, tot en met haar aftrede, as bestuurderes van Edgars gewerk het.

Na hul aftrede het hul pad in Durban gaan draai waar oom Jan in Februarie 1996 skielik oorlede is.

In 2004 het sy saam met haar dogter en skoonseun, Lynn en Japie, van Randfontein na Somerset-Wes verhuis.

 Met die egpaar se aftrede het die mooie Overberg kusdorpie hulle harte gesteel en met hul verhuising na Kleinbaai in Februarie vanjaar het tannie Joey saamgekom en woon sedertdien in Huis Breda.

Lynn en Japie se innige dank gaan aan almal wat bygedra het om hierdie spesiale vrou se verjaarsdag ekstra spesiaal te maak.

Bygedra

Tannie Joey Nel vier 90 mooi jare

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles