Lions wil hulle sigbaarheid verhoog

Lions wil hulle sigbaarheid verhoog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is ‘n besonderse jaar vir Gansbaai Lions Internasionaal wat in September hul 30ste bestaansjaar ter plaatse vier. Marietta Hatting is vir dié besonderse feesjaar vir die tweede agtereenvolgende termyn aangewys as die verkose president van die plaaslike klub.

Die inhuldiging van die president en haar nuwe kabinetslede het Saterdagaand, 5 Augustus tydens ‘n formele funksie by die Lions Klubhuis plaasgevind.

Marietta se kabinet sien soos volg daaruit:  Boats van Staden (Eerste vise-president en sosiale portefeulje), Pieter de Vries (sekretaris en lidmaatskapportefeulje), Ina Ogilvie (tesourier), Geert Williams (stertdraaier), Arend van Zyl (temmer) en al die Lions-klublede sal deel wees van die projekte vir die nuwe jaar.

Tydens haar presidentsrede het Marietta gesê dat die Lionsklub hul sigbaarheid gaan verhoog in die 2017/18 diensjaar en hulle gaan nog meer uitreik om sodoende nóg meer te bereik as in die verlede.

Sy het talle projekte opgenoem soos skooltruie vir die Okkie Smuts Laerskool, ‘n dataprojektor vir Blompark, die Bright Sight projek, ‘n Vadersdagbraai en potjiekosdag by HaS, bydraes tot die Elim Dagsorg en Elim Tehuis, Lighuis na Lighuis marathon en die groot pannekoekbak by Lomond ter stywing van fondse.

Die Lions kon ‘n wasmasjien skenk, ‘n sopkombuis aanbied, hande neem met Stanford Rotary Club tydens hul jaarlikse Toy Run en kospakkies, klere en linne voorsien, asook ‘n kersparty aanbied vir minder bevoorregtes.

Past District Governor Paula and husband, James Lang were guests of honor. 

They were accompanied by Grant Jonathan, President Gordons Bay Club as well as Zone Chairman.

Paula inducted 3 new members: Johan and Linda Strydom and Johan Truter. She said that all Lions have one thing in common, and that is the heart to make a difference.

Verdienstelikheidsertifikate is aan die volgende lede oorhandig:  Boats van Staden, Gert en Antoinette Louw, Arend en Christine van Zyl, Ina Ogilvie, Sarie van Staden, Pieter en Amanda le Roux, Ivy en John van Huysstteen, André de Vries, Bettie en Geert Williams, Freddie en Matty van Eeden en Pieter de Vries.

Die Lions kan ook spog met ‘n splinternuwe vlag, wat deur Margaret McDonald geverf en geskenk is.

Marietta het haarself lelik in die voet geskiet met ‘n opmerking wat sy gemaak het en is daar en dan tot ‘Hoender van die Maand’ aangewys.

Lions wil hulle sigbaarheid verhoog

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles