Ons weet mos!

Ons weet mos!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is van ons manne hier wat behoorlik dankie moet sê vir die voorreg om gereeld te kan see toe gaan. ‘n Eie boot laat jou toe om hierdie voorreg deeglik te benut. Vir boothengelaars wat die see hier ken is daar ook ‘n paar ander faktore wat deeglik in aanmerking geneem sal word en in hul guns moet tel. Dink aan die volgende: Die weer wat (deur die jare) deeglik bestudeer is en eers wanneer jy besluit het, dis nou die tyd vir ‘n sekere vis om gesig te wys sal jy dit oorweeg om gewoonlik na ‘n sekere voorkeurplek te gaan. Jy sal ook weet watter vis watter ase verkies. Daar is natuurlik tye van die jaar wanneer die beste kennis egter nie goed genoeg is om te verseker dat jy jou vis gaan kry nie. Maar jy het steeds ‘n voordeel - jy dink heel moontlik nie altyd so daaraan nie.

Wat gebeur op die oomblik? Kom ons kyk na omstandighede. Watter oorwegings weet jy om in gedagte te hou? Ek het reeds gemeld dat die tyd van die jaar jou keuse sal beïnvloed. Dis nou die tyd dat jy sekerlik vir silwervis sal gaan. Selfs geelbek duik tussenin op en ‘n rooisteenbras is jy bewus van, is ‘n moontlikheid. Die weer sal ook met valkoë dopgehou word, want is dit nie haas tyd vir die snoek om ordentlik hier te kom ronddwaal nie! Deesdae is dit amper onmoontlik om te dink dat enige boot sonder veral ‘n GPS die water sal aandurf.

Wat die visvangs betref vergemaklik dit ook sake want die plekke word geplot en al wat jy moet doen is om die volgende keer  een van hierdie “gate” op te soek.

Dit is natuurlik so dat die vis nie vasgemaak is op spesifieke plekke nie met die gevolg dat jy soms na nuwe weivelde moet soek. Nou wat is die groot voordeel dan van ‘n visvinder en hoekom, indien die vis nie altyd daar is nie, jou tyd daar gaan mors?

Moet nie uit die oog verloor dat jy gewoonlik slegs ‘n plek sal plot indien dit produktief is nie. Die vis sal gewoonlik wei  waar dit paslik is en dit beteken in sommige plekke koraal of  kranse wat weer beteken daar sal spesies soos hotties en ook ander visse wees. En waarom jy weer daar sal probeer is omdat jy weet die omgewing is reeds as geskik beskou deur van die visse. Snoek weer, be-nodig ‘n ander omgewing en dit sluit nie juis riwwe in nie.

Dassiegat is ‘n goeie voorbeeld waar die omgewing verskil en slegs by uitsondering sal jy op ‘n gereelde grondslag ander hengelvisse daar aantref.

Ook hierdie kennis is ‘n tuisvoordeel.

Silwervis weet ons, se weiplek is in veel dieper water en ons merke sal daar wees.

So ook, behoort die “ou hande” hier te weet waar die kabeljou, geelbek, rooivis en al die ander spesies gewoonlik rond-dwaal. Lekker nè!

Groete, Seemeeu

Ons weet mos!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles