Iemand uitsonderliks

Iemand uitsonderliks

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek bekyk die man so skuinsweg waar hy teenoor my in die boot sit - hy het nog niks gevang nie.

Hy het my vroeër gevra of ek plek vir hom sal hê as ek weer see toe gaan en aangesien ek geweet het dat vandag ideaal sou wees, het ek hom saam genooi.

Die vis byt nie en ek maak van die geleentheid gebruik om so bietjie te gesels.

Hy kom daar van Natal se wêreld, sê hy, en het nog nie die tyd gehad om te probeer hengel nie, aangesien hy eers sy studies moes voltooi.

Hy brei nie verder hierop uit nie en as ek hom so beskou lyk hy vir my nog baie jonk vir ‘n man wat so baie tyd moes opoffer om een of ander graad te behaal.

Gedurende die  volgende week of wat het ek Bert goed leer ken.

Sy vrou, het hy my ingelig, sou later volg.

Die ernstige kant van hom het heel dikwels na vore gekom, maar hy kon lekker lag en was baie aangenaam. Ook het hy met die “crew” baie goed reg gekom.

Ek was tog van mening dat die visvangery vir hom nie die belangrikste was nie.

Hy kon nie uitgepraat raak oor ‘n mooi sonsopkoms nie en ‘n vis sou hy met groot belangstelling bekyk en hom dikwels verwonder aan die verskeidenheid kleure.

Enige vis wat hy gevang het, is met respek en verwonde-ring beskou voordat dit versigtig in sy laaitjie geplaas is. Ek dink hy sou beter gevoel het indien dit terug in die see beland het! ‘n Walvis het hom amper oopmond gelaat en ‘n seemeeu was vir hom ‘n wonderlike kreatuur. Baie maal het ek opgelet dat hy na bo kyk en dit was blykbaar nie vir hom vreemd om dinge met sy Skepper te deel nie.

Gedurende hierdie tyd het hy by meer as een geleentheid gemeld dat hy baie daarvan hou om saam met ons op see te wees, want, het hy gesê, dit lyk asof ons dieselfde waardes het. Hy sou graag een of ander tyd sy vrou aan ons wou voorstel. Dit het ek as ‘n groot kompliment beskou.

Ek het dit baie vreemd gevind toe hy, sonder om te groet, terug is Natal toe. Sy vrou het kort daarna gebel om my in te lig dat Bert skielik baie siek geword het en dringend mediese behandeling moes kry.

Hy het dit nie gemaak nie.

Groete, Seemeeu

Iemand uitsonderliks

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles