B-liga wenners stof 13 skole uit

B-liga wenners stof 13 skole uit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Gansbaai se o/13 7’s rugbyspan het hul pad in die Laerskool Park Mosselbaai se 7’s rugbytoernooi op 29 Julie 2017 “oopgespeel”. Sodoende het die trotse Gansbaaiertjies die B-liga teen 13 ander skole, van Kaapstad tot Port Elizabeth, oortuigend gewen.

Die volgende oorwinnings is deur hulle behaal: Laerskool Gene Louw B (15 - 5), Laerskool Panorama B (15 - 5), Milkwood Primêr (20 - 5) en Bellpark Primêr (20 - 0). Gelykop wedstryde is teen teen Erika Primêr (5 - 5) en Laerskool Fanie Theron (5 - 5) gespeel. Met hierdie prestasies het Laerskool Gansbaai hul plek in die semi-finaal verseker.

In die semi-finaal het hulle teen Setlaars Park Primêre Skool van Port Elizabeth, wat deurlopend skitterende 7’s rugby gespeel het, te staan gekom. Gansbaai se 7’s was oorgehaal en kon met ‘n oorwinning van 20 - 10 in ‘n opwindende wedstryd seëvier.

Laerskool Fanie Theron, wat vroeër die dag Laerskool Gansbaai se strafste kompetisie was, het in die ander semi-finaal, in ekstra tyd, teen Laerskool Plettenbergbaai gewen, wat op ‘n spannende finaal gedui het.

Die groot oomblik het aangebreek en Laerskool Fanie Theron het ‘n voorsprong van 10 - 0 op die veld ingeneem. Die Gansbaaiers se moed is nie daardeur gebreek nie en met doelgerigte spel het hulle die wedstryd oortuigend met 25 - 10 gewen.

Laerskool Gansbaai het met diè oorwinning as die wenners van die B-liga uit die stryd getree.

“Wat hierdie prestasie nog meer besonders maak, is dat Laerskool Gansbaai met 350 leerders teen skole van tussen 800 en 1 700 leerders meegeding het,” sê Michiel Geldenhuys, een van die span se afrigters.

 Die ander twee afrigters is Johnathan Doyle en Gordon Cornelius. Die trotse o/13 7’s rugbyspan van Laerskool Gansbaai en die twee mede-kapteins, AJ Bosch en George Groenewald, met spanlede Christoff Dahl, Charl Eksteen, Nieldré Groenewald, Daniel Hanekom, Janiel Klotz, Gavin Middleton, Hayward Valentine en Veno van Vuuren.

B-liga wenners stof 13 skole uit

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles