BARC verkry grond vir 10 hokke

BARC verkry grond vir 10 hokke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Moeilike ekonomiese omstandighede lei daartoe dat al hoe meer honde-eienaars nie meer kan bekostig om hulle honde te versorg nie.

Baie mense verhuis ook na kleiner plekkies en is genoop om hul honde na BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) te neem vir huisvesting.

“Daar is nou so baie diere dat daar in sommige hokke tot 3 honde geplaas word,” vertel Annalie Jonker van BARC. “Ons benodig dus dringend addisionele hondehokke.”

Hierdie ernstige probleem is gedeeltelik opgelos deurdat Gansbaai munisipaliteit goedgunstiglik bykomende grond, direk agter die bestaande hokke, aan BARC beskikbaar gestel het. Die grond maak voorsiening vir die bou van 10 addisionele hondehokke.

Die goedgekeurde planne vir die hokke is gratis deur Johan Gericke opgetrek.

Kwotasies vir die boukoste beloop sowat R80 000.

Annalie sê daar is reeds R30 000 beskikbaar wat met fondsinsamelings bekom is, maar die balans van R50 000 moet nog ingesamel word.

“Ons is in ‘n proses om instansies te nader vir die borg van ‘n hok teen R5 000,” het Annalie gesê.

“Daar sal dan ‘n naamplaatjie van die borg voor op die hok aangebring word as erkenning vir die borgskap.”

Dan is daar ook geleentheid vir belangstellendes om selfs so min as R100 per baksteen te borg, of om enige ander finansiële bydrae tot die bouprojek te lewer.

‘n Vriendelike beroep word op die gemeenskap en sakelui gedoen om hierdie projek te ondersteun. BARC se bestuur beoog om die bouwerk voor die Desembervakansie te voltooi. Sodoende sal daar dan ook meer “losieshonde” vir die vakansie gehuisves kan word, wat weer ‘n bykomende inkomste vir BARC sal wees.

Vir die borg van ‘n hok of ‘n baksteen of ander finansiële bydraes, kan Annalie Jonker by 082 826 0631 geskakel word, of stuur ‘n epos aan haar by maynestay@axxess. co.za.

Bydraes kan ook direk in BARC se bankrekening in-betaal word. Meld net instansie of naam en van, asook die woord “Bouprojek”.

Die bankbesonderhede is: BARC; Nedbank Gansbaai; Takkode 147005; Spaarrekening; Rekeningnommer 1498 103 006.

BARC verkry grond vir 10 hokke

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

Last week, we explored how many people spend their lives searching for recognition...

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Patch was brought to BARC as a stray (although we think he may have rescued himself!).

BARC Animal Welfare
SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

Think you know your music? Then it's time to put your ears to the test at our exciting Singo Bingo Night!

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

A well-designed stoep adds real value to a home, but open spaces are not always practical in changing weather conditions.

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year.

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles