Desert Diamond gooi anker

Desert Diamond gooi anker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die enorme Fish Factory Ship, die Desert Diamond, wat Vrydag, 18 Augustus 2017 buite Gansbaai hawe gelê het, het die oë behoorlik laat rek.

Die enorme boot het stil-stil tot naby die nuwe hawe gevaar, waar anker gegooi is.

Twee bemanningslede, Eerste Offisier Eugene Bergans en Bevare Seeman Morné Engelbrecht, het met ‘n motorbootjie aan wal gegaan, waar hulle met Gansbaai Courant gesels het.

Die Desert Diamond behoort aan die Oceana Group, wat die grootste vismaatskappy in Afrika is.  Die groep is gelys op die Johannesburg (JSE) en Namibiese (NSX) aandelebeurse.

Die boot is in 1990 gebou en vaar tans onder die vaandel van die Suid-Afrikaanse landsvlag.

Dit is 120m in lengte en 19m in breedte, met ‘n bruto tonnemaat van 7 627 en ‘n netto tonnemaat van 2 288. Haar diepgang (draught) is 6.67m en haar dravermoë (deadweight) is 3 372 ton.

Die Oceana Group verskaf werk aan sowat 5 690 werkers, waarvan 4 473 permanente werkers is en 1 217 deeltydse werkers.

In 2014 en 2015 is die maatskappy as die mees bemagtigde JSE-gelyste maatskappy in Suid-Afrika aangewys en in 2013 en 2016 as die tweede mees bemagtigde maatskappy.

Hulle hoofbesigheid is visvang, prosessering, bemarking en verspreiding van geblikte vis, vismeel, visolie, kreef, maasbankers, pylinkvis en stokvis.

Die meerderheid verkope is van Suid-Afrika en Namibië, gevolg deur Suidelike Afrika, Wes-Afrika en ander lande.

Die maatskappy is daartoe verbind om verantwoordelike visvangpraktyk te handhaaf en is ‘n stigterslid van die Responsible Fisheries Alliance (RFA). Hulle is ook in vennootskap met ander eko- en bewaringsorganisasies.

Desert Diamond gooi anker

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles