Walvisse sorg vir 'n bekoorlike Sondag

Walvisse sorg vir 'n bekoorlike Sondag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is walvistyd in die Overstrand-gebied en verlede Sondag se pragtige, windlose weer het mense van heinde en ver na Gansbaai gelok om die natuurskoon te  geniet.

Mense was oraloor te sien: op die goed versorgde wandelroetes by De Kelders; die wat meer waaghalsig is, het oor die rotse geklouter en die grotte besoek;  dan was daar dié wat net die prag en rustigheid van die natuur wou indrink.

Hulle het hulself tuis gemaak op die sementbankies wat die munisipaliteit oraloor by uitkykpunte staan gemaak het.

Die walvisse het nie teleurgestel nie en gesorg vir ‘n deurlopende skouspel wat soms ‘n koor van krete aangewakker het vanuit Coffee on the Rocks se rigting.

Die manne van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ook van vroeg Sondagoggend af heelwat opwinding beleef, toe ‘n walvis 2 keer gesig gewys het waar hul reddingstuie op die see gedobber het.

Hulle was kort voor die ontmoeting met die reus van die see, besig met roetine oefeninge en het die reddingstuig ‘South Star’ vir ‘n toetsrit geneem.

Albei vaartuie se enjins was afgeskakel toe ‘n Southern Right walvis nuuskierig kom ondersoek instel het na die vaartuie.

Hy het die manne verras en onderdeur ‘Jaytee III’ se boeg deurgeskuur en verdwyn.

Later die dag, omstreeks 12:00 het die bemanning hulle na Kleinmond gehaas waar verskeie ooggetuies laat weet het dat ‘n walvis aan sy stertkant verstrengel is tussen ‘n boei en ‘n stuk tou. 

Met hul aankoms tussen Palmiet en Kleinmond, het hulle sowat 50m die see in die 12m lange walvis aangetref.

Hulle het die walvis aan die reddingstuig ‘Jaytee III’ vasgemaak en die dier bevry met spesiale toerusting, in die bedryf bekend as die SA Whale Disentanglement Network (SAWDN).

Die walvis is omstreeks 14:00 bevry en kon in ‘n kalm see wegswem - op die oog af sonder beserings.

Jaytee III se bemanningslede was Jean le Roux, Alwyn Geldenhuys en Andre Barnard.

Die span is bygestaan deur die bemanningslede van die  ‘South Star’: Deon Langenhoven, James Janse van Rensburg, Bennett’s Coetzee en Charl Henn. 

Walvisse sorg vir 'n bekoorlike Sondag

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles