Franskraal Buurtwag ontvang opleiding

Franskraal Buurtwag ontvang opleiding

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Patrollielede van Franskraal Buurtwag het pas opleiding ontvang soos voorgeskryf deur die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid.

Die opleidingsessie het op 15 en 16 Augustus 2017 in die buurtwag se beheerlokaal plaasgevind.

“Die kursusaanbieder, Clifton Swartz, het die 22 patrollielede,  wat hul dae en nagte opoffer om Franskraal ‘n veiliger omgewing te maak, met verskeie veiligheidsaspekte tydens die kursus toegerus,” sê Annaleen Genade, sekretaresse van die buurtwag.

Sake soos sekuriteitspunte en probleemoplossings is breedvoerig bespreek. Clifton het die lede ook aangespoor om positief te bly en om goeie kommunikasie tussen die Wes-Kaapse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Gansbaai Polisiëringsforum (GPF) en Gansbaai SAPD te handhaaf.

Die kursus is Maandag, 21 Augustus met ‘n spanbou “Dinkskrum” opgevolg.

Tydens die spanbou-byeenkoms is Franskraal se probleemareas uitgelig en moontlike oplossings is bespreek om uitvoering daaraan te kan gee.

Annaleen sê Franskraal Buurtwag se bestuur is baie dankbaar teenoor alle inwoners wat hulle ondersteun en het gemeld dat die ledetal steeds aan die styg is.

Belangstellende inwoners wat deel van Franskraal Buurtwag wil wees, kan die voorsitter, Willem van der Merwe, skakel by 083 791 8497.

Franskraal Buurtwag se beheerkamer kan op die hoek van Ross- en Loopstraat,  Franskraalstrand besoek word.

Franskraal Buurtwag ontvang opleiding

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles