'n Juweeltjie ontvou in Vrouemaand

'n Juweeltjie ontvou in Vrouemaand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Annemarie du Plessis het tydens die maandelikse LEESKRING samekoms die boek Emily Hobhouse - Geliefde Verraaier  (Skryf-ster: Elsabé Brits) met die groep bespreek.

Emily Hophouse - 'n vrou wat van kleintyd haar verset het teen haar lot. Vir vroue was daar min geleenthede en moes sy ook nog haar siek pa oppas.

Tog raak Emily wêreldwyd betrokke by die stryd teen onreg en oorlog. In die Anglo-Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog het sy duisende lewens gered, en nogtans is sy - 'n ware Britse patriot - in haar eie land onbekend en alleen dood.

Hierdie kort opsomming van 'n briljante vrou gee glad nie die verdiende erkenning aan haar intellekteuele beeld nie.

As kampvegter vir vroue-stemreg en in haar uitgesproke teenkanting teen onreg is Emily 'n ikoon wat vandag nog inspireer. Verbasende moderne vrou.

En toe, uit die bespreking ontvou hierdie mooi juweeltjie-storie.....

Emily se storie van vroue-opheffing strek toe ook ver vanaf 1905 uit Koppies (in die Vrystaat) tot in hedendaagse Gansbaai. Emily het in 'n langwerpige steengebou in Koppies naaldwerkklasse gegee - spin, weef, borduurwerk, hekel, tatting, kloskant.

Daar het Ouma Lettie Cronje, ouma van Tina Louw van Franskraal 'n kombersie geweef. Die vrouens en jong meisies het vir die klasse betaal met groente, melk, botter en eiers. Tina het van die plaas af uit Ouma Lettie se huis skoolgegaan in Koppies. Ouma Lettie se kombersie is steeds in haar besit. Tina sê sy het die kombersie sedert sy kan onthou. Die kombersie is al deur "wear & tear" maar is steeds 'n kosbare kleinnood in die familie. 

Talentvol, hoogs kreatief, organiseerder met deursettingsvermoë, kundig om met mense en geld te werk. Dít was Emily Hobhouse. Ver van die oujongnooi, die goeie tannie wat soveel gedoen het vir die vroue en kinders wat swaar gekry het tydens die ABO en die EWO. ' n Heldin.  Dit is mos die verhaal wat ons ken.  Ja, so het juweeltjies ontstaan, kosbaar in baie dankbare harte, maar dit was 'n piep klein deeltjie van die ware Emily.

Ns. Jou boekrak verdien die boek.

Rita Grotsius-Delport

Die Leeskring kom elke derde Dinsdag van die maand om 10 uur in die Biblioteeksaal bymekaar.

Vir meer besonderhede skakel gerus vir Annemarie du Plessis (082 486 0135) .

'n Juweeltjie ontvou in Vrouemaand

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles