Vroetelkombersie vir 'n dierbare vrou

Vroetelkombersie vir 'n dierbare vrou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een keer ‘n week kom ‘n groep vlytige hekelentoesiaste by Hot Coffee in die Proteasentrum byeen.  Dan word daar ‘hekel’ gepraat, wenke uitgeruil en die vrouens leer allerlei tegnieke by mekaar aan.

Rita Delport is een van hierdie vroue.  Sy is ook ‘n VLV-lid wat werk aan dié organisasie se uitreikprojek vir 2017, nl vroetelkombersies.

Rita het Lynn Burger onlangs tydens een van die byeenkomste by dié koffiewinkel ontmoet en toe sy hoor Lynn se mammie, tannie Joey Nell, ly aan Altzheimers en dat sy eersdaags haar 90ste verjaardag sou vier, het sy daar en dan aangebied om vir haar ‘n vroetelkombersie te maak.

 “Dit was ‘n belofte met deernis gemaak wat nagekom móés word” sê Rita.  “Ek moes maar my naaimasjien afstof en skouer aan die wiel sit. 

Rita is vroeër die maand na tannie Joey se 90ste verjaardagviering genooi en sê:  “Tannie Joey is ‘n pragtige tannie. Die verhouding tussen ma en dogter skyn helder. 

Dit was ‘n voorreg om die Burger-egpaar en Tannie Joey te ontmoet en die oggend saam te kon deurbring.”

Eva Bucher en Daleen Jooste het die partytjietafel met sorg gedek en tannie Joey ‘mooi gemaak’.

Judith Coetzee het gesorg vir die prentjiemooi koek en Tannie Joey se verjaardag-viering by Huis Breda, waar sy sedert Februarie vanjaar woon, was ‘n besondere geleentheid.

Vroetelkombersie vir 'n dierbare vrou

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles