Alzheimerlyers baat by vroetelgoete

Alzheimerlyers baat by vroetelgoete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Soos wat VLV-takke jaarliks landwyd ‘n jaartema het, so belê elke tak ook tyd en liefde aan ‘n vrywillige en gratis gemeenskapsprojek.

Die 2017 jaartema is ‘Aanpasbare Vroue’.  Die plaaslike takvoorsitster, Rienie Ludick het na aanleiding van haar niggie se hart- en handewerk, besluit om vroetelkombersies vir Alzheimer pasiënte as Gansbaai-tak se jaarprojek te registreer.

Haar niggie wat in Vredenburg woon, maak kleurvolle skootkombersies en werk allerlei veilige vroetelgoete daaraan vas. 

So het vroetelkombersies ‘n gewilde geskenk geword om Alzheimer en Parkinson’s pasiënte se hande besig te hou, terwyl dit ter selfdertyd goed is vir breinstimulering.

Dit is ‘n duur projek, maar soos Rienie sê: “Dit is ‘n liefdestaak en daar is ‘n groot behoefte hieraan vir die pasiënte.”

Die kombersies sal later vanjaar aan pasiënte van die Elder Care Place in Hermanus geskenk word. 

Dit word egter ook geskenk soos wat ‘n geleentheid voorkom en so word die kombersies dwarsdeur die jaar volgens behoefte geskenk. 

 “Ons wil graag uitreik na Gansbaai se aanpasbare vroue om met ons hande te neem en sodoende weer hiermee uit te reik na ons gemeenskap.   Liefde, omgee en uitreik het nie 'n prys nie, maar bêre ewige skatte in harte. 

Sekere dinge verander nooit met tyd. Tyd herhaal homself net – so sal ons uitreik na ander altyd relevant bly,” gesels die VLV vrou met die groot hart.

Indien jy meer wil uitvind skakel gerus: Rienie Ludick (028 384 1170-huis) of (081 443 8248-sel).

Alzheimerlyers baat by vroetelgoete

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles