'n Vet galjoen vir Bennie se Rooi Lorrie

'n Vet galjoen vir Bennie se Rooi Lorrie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

n Vet Namibiese galjoen en ‘n bottel B’bos witblits het die uitruiltransaksie beklink om die veelbesproke naambord ‘Bennie se Rooi Lorrie’ weer op sy plek in die woestynsand by Hentiesbaai staan te maak.  (Voorbladberig: Gansbaai Courant, 17 Augustus 2017)

‘n Man van Hentiesbaai, Boela Diedericks het Marietjie Uys van die bekende Marietjie’s Pub & Grill in Baardskeerdersbos verlede week geskakel en gesê hy sal die bordjie  kom haal en weer op sy oorspronklike staanplek loop plant.

Al wat hy vir sy moeite wil hê, is Baardskeerdersbos se bekende witblits wat van suiwer hanepootdruiwe gemaak word.

In ruil daarvoor bring hy vir Marietjie ‘n ordentlike, vet Hentiesbaaise galjoen saam.

Marietjie vertel dat sy nie lus is vir die stories op die ‘skinderkoerant’ Faceboek nie.  Al wat sy wil doen, is lekker kosmaak.  

Dit is hoekom sy ‘n eetplek oopgemaak het.   Sy hou van kook en sy hou van plesierige mense.

Gedurende die week wat ‘Bennie se Rooi Lorrie’ bordjie so ter sprake was, skakel ‘n baie hartseer vrou (wie se naam nie bekend is nie) haar (Marietjie) en vertel dat sy haar oorlede pa se as 2 jaar gelede onder die bekende bordjie gestrooi het.

Marietjie het maar net gesimpatiseer, want die bordjie wat in haar restaurant staan, het reeds sy pad 3 jaar gelede daarheen gevind.

Die hele petalje het gemaak dat Marietjie begin wonder het wat die oorsprong van die pleknaam ‘Bennie se Rooi Lorrie’ dan is.

Dit blyk dat ‘n man, genaamd Bennie met ‘n rooi vragmotor jare gelede naby Hentiesbaai gaan visvang het.  Die lorrie het skynbaar onklaar geraak en so lank daar gestaan dat dit ‘n baken geword het vir vissermanne.

So het ‘Bennie se Rooi Lorrie’ ‘n pleknaam geword – net soos Myl 108, Myl 7, Sêra se Gat, Myl 72 , Myl 74 en al die ander bekende plekname.

So met die jare saam het baie van die oorspronklike bordjies verdwyn en is dit met nuwe borde vervang.

'n Vet galjoen vir Bennie se Rooi Lorrie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles