Norman (jnr) is 2017 Kortpadkampioen

Norman (jnr) is 2017 Kortpadkampioen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 9 Augustus 2017 om 08:55 het die manne in Beaufort-Wes gereed  gestaan om die duiwe vir die finale Kortpad vir 2017 los te laat.

Hierdie wedvlug sou bepaal wie 2017 se Kortpadkampioen gaan wees. In Gansbaai was daar 2 manne wat die tye angstig sit en dophou het, aangesien hulle net ‘n paar punte uitmekaar is.

Om 09:00 is die duiwe losgelaat.

Die 1ste jong duif is om 15:05 deur A Leonard geklok en die 1ste ope duif deur L Fourie.

Om 18:00 is die klokke oopgemaak om te sien wie die wenners is.

Die wedvlugtye is in die rekenaar ingevoer en daar is angstig op die finale uitslae gewag.

Die wenner is as Norman (Jnr) Stevens aangewys, wat 2017 se Kortpadkampioen is. Norman (Jnr) Stevens het vanjaar ‘n gedugte teenstaander in A Leonard gehad met ‘n skamele verskil van 3 punte.

Dit is egter nog nie die einde nie. Die Middelpad en Langpad se wedvlugte wag nog vir die manne.

Atman Wildschut

Die uitslae vir die Beaufort-Wes wedvlug A is soos volg:

Jong Duiwe

A Leonard 1ste, 8ste

Norman (Jnr) Stevens 2de, 6de, 7de, 16de, 17de, 19de

L Fourie 3de

C Kruger 4de, 5de, 9de, 10de, 18de

H Hitge 11de, 15de, 20ste

JJ Swart 12de, 13de

Norman (Snr) Stevens 14de

Ope Duiwe

L Fourie 1ste

A Leonard 2de, 13de, 14de, 17de, 18de

A Voster 3de

Norman (Jnr) Stevens 4de, 7de, 15de, 16de

JJ Swart 5de, 8ste, 9de, 10de

C Kruger 6de, 12de

H Hitge 11de

A Wildschut 19de, 20ste

Norman (jnr) is 2017 Kortpadkampioen

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles