Probeer só vir 'n galjoen

Probeer só vir 'n galjoen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek het hierdie raad gekry van Francois Nortjé, en sommer ook bietjie gesels oor die see, sy groot liefde, en sy ge-liefkoosde stokperdjie, galjoenhengel. Die volgende beskou hy as baie belangrik as galjoen jou teiken is:

1. Kleur van die see (moet amper die kleur van kabeljouwater wees).

2. Temperatuur van water moet wees, minimum 14.5 grade, maksimum tot 19 grade.

3. Skuimwater is noodsaaklik, en nie noodwendig rof nie.

4. Koue en helder water is nie ideaal vir galjoen vang nie en dan moet wurm liefs gebruik word.

5. Junie tot Augustus is die tyd om jou op galjoenvangs toe te spits en rypgemaakte   rooiaas die inding vir die regte galjoenwater.

Daar is ook ‘n verskeidenheid rooiase. Glasaas, ook baby-rooiaas genoem, is die pers, pap tipe en word in dieper water gevind, ook gedurende springlaag, onder die rotse. “Gewone” rooiaas, vanaf rotse en word ook uitgespoel.

Sandrooiaas (so witterig) meestal, soos die naam aandui, in die sand te vind, maar ook vanaf die rotse.

Om moeilikheid met die vrou te vermy kan die aas rypgemaak word in ‘n bamboes met ‘n prop voorin. Dit word aan ‘n boom gehang tot dit “reg” is. Ander geskikte ase sluit in witmossel, swartmossel, alle wurms en krewels.

Wat die moeite loon om te weet is dat galjoen kuitskiet op tussen 34 en 35cm. Die wettige minimumgrootte (35cm) gee dus die jonger vis kans om voort te plant voordat hy dalk gevang kan word. Oor 10 jaar is die mannetjie se lengte normaalweg 41cm en die van die wyfie, 50cm.

Van verdere belang is, om jou hoeke roesvry te hou is lewertraan net die ding, terwyl dit wil voorkom asof dit ook die vis lok. Anysolie weer, is handig wanneer dit met water verdun word en op jou hande gebruik word om “klanke” te verdryf. ‘n Ander gebruik van hierdie middel is om ‘n droë katrol reg te dokter.

Die moeite werd om te probeer?

Groete, Seemeeu

Probeer só vir 'n galjoen

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles