Daar word behoorlik gewoeker met dié dat Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se jaarlikse basaar om die draai is. 1 000 pasteie is reeds netjies weggebêre vir die groot dag en op die meegaande foto is ‘n groep vroue besig met die tweede baksel van ‘n duisend pasteie.
100 dosyn koeksisters is ook gereed vir die groot koop- en eetdag wat Saterdag, 23 September plaasvind. Kleinkoekies, groot koeke, plaasvars groente en smaaklike etes wag op basaargangers.