'n Hele klomp 'eerstes' word deur Gansbaai se Sharimbas beleef

'n Hele klomp 'eerstes' word deur Gansbaai se Sharimbas beleef

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Academia se Marimba-orkes het in Julie-maand ‘n hele paar ‘eerstes’ beleef.

Die 9 orkeslede het vir die eerste keer in hulle lewens gevlieg en vir die eerste keer beleef hoe oorweldigend dit is om in ‘n saal in te stap waar die grootste kompetisie van sy soort in die wêreld aangebied word, met sowat ’n 100 orkeste wat deelneem.

Hulle was ook die eerste dag wenners in ‘n kategorie.

Die geleentheid was die Education Africa International Marimba and Steelpan Festival.

Die Gansbaai-groep, ook bekend as die Sharimbas (Sharkie plus Marimbas) het onder leiding van Rialet Marais deelgeneem.

Die orkeslede is Daylen Tobias, Heidri Loff, Izaan Newman, Jaygon Visagie, Kaylin Robertson, Lorenzo Geldenhuis, Sebastian Johnson, Simorné Europa en Ulrich Visagie.

Buiten hulle afrigter is hulle ook vergesel deur Gansbaai Academia se skoolhoof, Tommy Wilson en ‘n helper Aletta Groenewald.

Tommy vertel dat die vliegtuigrit vir die orkeslede ‘n belewenis was en dat hulle dalk "harder rem getrap het as die vliegtuig.”

Tommy vertel  dat, hoewel dit intimiderend was om tussen soveel ander orkeste in te stap,  die Sharkies vol selfvertroue voor almal begin oefen het.

 “Saterdagoggend om 09:00 het die Sharimba’s se lewens verander,” sê Tommy. “Hulle het aan die eerste kategorie, ‘The Mix’ deelgeneem.”

In hierdie kategorie moes een ander instrument, wat nie ‘n marimba of drom is nie, ingesluit word. Danksy Enlightning Trust se hulp, is ‘n 'steelpan' gekies. Nadat al die orkeste gespeel het, kom die oorbluffende aankondiging: “Die wenner van hierdie kategorie is Gansbaai Academia!

Die verbasing, skok en trots - alles op een slag - het die Gansbaaiers se hele naweek gemaak.

Die volgende 2 dae het die Sharimba’s aan 3 kategorieë deelgeneem, sonder om te wen, maar hulle was steeds in die wolke.

“Die skole waarteen ons gekompeteer het soos Michael House, Hilton College, Curro en meer was eenvoudig fenominaal en ons kinders het baie by hulle geleer. Dit was ‘n wonderlike voorreg om aan die grootste kompetisie van sy aard in die wêreld te kon deelneem,” vertel Tommy.

Tommy bedank graag vir Annemarie Kotze van Enlightning Trust wat met die afrigting behulpsaam was, asook met die voorbereiding van die span voor hulle vertrek na Johannesburg. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor alle borge, groot en klein, wat die toer moontlik gemaak het.

“Ons het ook groot waardering teenoor Gansbaai Primêr wat ‘n deeglike basis op laerskoolvlak vir die Sharimba’s skep met hulle uitstekende afrigting, sodat die kinders hul talente op hoërskool verder kan ontwikkel.”

Die Sharimbas, asook hulle afrigter en skoolhoof, is dit eens dat hierdie een van die beste ervarings is wat die marimba-orkes ooit gehad het!

'n Hele klomp 'eerstes' word deur Gansbaai se Sharimbas beleef

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

Last week, we explored how many people spend their lives searching for recognition...

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Patch was brought to BARC as a stray (although we think he may have rescued himself!).

BARC Animal Welfare
SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

Think you know your music? Then it's time to put your ears to the test at our exciting Singo Bingo Night!

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

A well-designed stoep adds real value to a home, but open spaces are not always practical in changing weather conditions.

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year.

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles