Seekring leer by ons dorp se skilpadvrou

Seekring leer by ons dorp se skilpadvrou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se ‘Skilpadvrou’ Christa van Schalkwyk, het dit haar lewenstaak gemaak om te sorg dat skilpaaie nie net ‘n prentjie in ‘n boek word vir ons nageslag nie.

Sy het onlangs die Kleinbaai See- en Teekring toegespreek oor dié geliefde reptiel wat hier in die Overstrand voorkom.

Sy doen ‘n beroep op mense, sou hulle ‘n skilpad  in die pad sien, om op ‘n veilige plek stil te hou en die skilpad oor die pad te dra in die rigting waarnatoe hy oppad was. “Moet hom nie huis toe vat nie.  Jy doen die dier ‘n groot onreg aan,” het Christa gesê.

Sy het die teekring ingelig oor huiskosse wat skilpaaie kan eet. “Gee die skilpaaie soggens voor 11:00 en nie later nie as 14:00 kos.  Hulle eet net wanneer die son lekker warm skyn.

Op koue dae hibirneer hulle net en eet glad nie. 

“Gee net 2 keer per week goed kos.  Hulle eet nie elke dag nie en sorg dat dit in die koelte lê anders word dit suur in die son.”

Skilpaaie is geneig om loopneuse en verkoue te kry in die winter, wat dikwels lei tot brongitis. 

Kappertjieblare wat ingewerk word by hulle kos help daarteen.  Hulle eet ook die blom van die kappertjie.

Christa sê ‘n mens kom verder met gerasperde wortels en appels wat veral vir klein skilpadjies gegee kan word. Kool, spinasie en kropslaai moet beperk word tot slegs 1 keer per week, anders het dit ‘n negatiewe uitwerking op skilpaaie se gesondheid.

Skilpaaie moet ook verskillende kosse op ‘n slag kry en nie net een van ‘n soort nie.

Allerlei vrugte en groente kan gemeng word met gaar rys, gaar pasta en gaar mieliepap en brood wat effe in water geweek is.

“Toets waarvan die skilpaaie in jou omgewing hou”, sê Christa.  “Hulle is nes mense ook soms kieskeurig.”

“Kom in ‘n roetine met voedingstye, sodat die diere ook in roetine kom.  Gee bv Dinsdae en Vrydae kos, sodat hulle Woensdae en Saterdae die oorskiet eet, maar Donderdae  in die son kan lê sodat hul liggame al die kosse kan verbrand.  Indien hulle honger word sal hulle gras eet.”

Genoegsame water is baie belangrik, veral in die warm somermaande, wanneer dit ook paartyd is.

Die warm dae begin reeds in Augustus/September en duur tot April /Mei. 

Gedurende die tydperk eet skilpaaie meer om liggaamsvette op te bou vir die volgende winterseisoen.

In paringsyd urineer die wyfies wanneer hulle eiers gaan lê om die grond sag te maak, sodat hulle ‘n gat kan grou om eiers te kan lê. 

Christa maan dat mense nie gate hoef te maak nie.  Die wyfie sal self besluit waar die eiers gelê moet word en sal self regkom. Dit gebeur gewoonlik in die laatmiddag wanneer die ander skilpaaie gaan slaap.  Die wyfie wil nie gepla word nie.

Gedurende somermaande eet skilpaaie dubbel soveel om hulself gereed te kry vir die wintermaande.

Christa het ‘n Facebook-blad waar inligting gedeel word. Skilpaaie is Christa se passie en mense wat vrae het oor die diertjies, kan haar skakel by 072 0840 411.

Seekring leer by ons dorp se skilpadvrou

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles