Fotograaf lê Bietoubossers die swye op

Fotograaf lê Bietoubossers die swye op

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Bietoubossers staan daarvoor bekend dat hulle behoorlik kan kuier en klets, maar Riaan Jacobs het daarin geslaag om hulle tydens ‘n volle byeenkoms die swye op te lê, wat nie vir alle mans beskore is nie!

Riaan was die gasspreker tydens die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai se byeenkoms op 8 Augustus 2017 in die NGK se Kleinsaaltjie.

Die vroue was sprakeloos en vol verwondering met die aanskoue van Riaan se uitmuntende foto’s, asook sy meegaande verduidelikings. Hy is veral bekend vir sy pragtige natuurfoto’s.

“Riaan,  voormalige Brandweerhoof van die Overstrand, het ons vertel dat sy fotonemery as ‘n blote stokperdjie begin het,” vertel Elizma de Lange van die klub. “Later het hy gereeld as troufotograaf opgetree, maar na sy aftrede het hy Gansbaai en omgewing se wonderskone natuur só geniet, dat hy voluit op fotografie begin fokus het.”

Elizma sê die Bietoubossers was gelukkig dat Riaan glad nie suinig was om heelparty goeie wenke met hulle te deel nie, terwyl hy dit aan die hand van sy foto’s geïllustreer het.

Onder ander het hy gesê dat lig ‘n belangrike rol speel en die beste natuurfoto’s vroeg in die oggend of laatmiddag geneem word wanneer die sonlig nie te skerp is nie.  “Wolke gee ook karakter aan ‘n natuurfoto,” het Riaan gesê.

Die komposisie van foto’s is ook deur hom uitgelig. “Deel jou fotobeeld vertikaal en horisontaal in derdes om die regte fokuspunt vir jou foto te kry,” was sy advies. “Landskapfoto’s vra tyd en geduld vir daardie regte oomblik om ‘n uitsonderlike foto te kry. Soms moet daar ver gestap word en selfs plat op die maag gelê word om ‘n foto vanuit die regte hoek te neem.”

Met verwysing na diere, het Riaan klem gelê daarop dat diere op oogvlak afgeneem moet word en nie van bo af nie.

Tydens die gebruiklike tee-drinkery en die geniet van verleidelike verversings, was die stilte onder die dames verbreek en is Riaan toegegooi onder “voornemende” fotograwe se vrae.

Riaan het twee van sy foto’s as looitjiepryse geskenk. Die gelukkige wenners was Marie Groenewald en Alta Pelteret.

Daarna het Riaan, ook ‘n voormalige voorsitter van Gansbaai Fotografieklub, die Bietoubossers uitgenooi om by die klub aan te sluit. 

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is 12 September 2017 om 10:00 in die NGK se Kleinsaaltjie. Glenda Kitley, bestuurder van Gansbaai Toerisme, sal as gasspreker optree. 

Fotograaf lê Bietoubossers die swye op

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles