Geskiedenis met eerste vrou as bestuurslid

Geskiedenis met eerste vrou as bestuurslid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Gholfklub se Algemene Jaarvergadering wat Donderdag, 24 Augustus 2017 plaasgevind het, het geskiedenis gemaak toe ‘n dame, Gina Esterhuizen, vir die eerste keer in die klub se geskiedenis as Visie-Klubkaptein gekies is. “Welgedaan, Gina!”

Die klub se nuutverkose Bestuurskomitee vir 2018 is Johan Pieterse (President), Daan Victor (Klubkaptein) en Gina Esterhuizen (Visie-Klubkaptein). Bestuurslede is Johan Schneider, Lieb Louw, George Hunt, Wally van Coller, Jakkie Beukes en Lambert Smith. “Ons wens hierdie span ‘n baie suksesvolle dienstermyn toe.”

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Solly Wessels met 35 punte, gevolg deur George Hunt 30, Sextus Neethling 29, Leon Hattingh 28, Wally van Coller 27, Leon Lombaard 27 en Andre Roos 24. 

Naaste aan die penne was Leon Lombaard op no’s 2 en 11 en Solly Wessels op no 15.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Etienne Engelbrecht met 20 punte, gevolg deur Richard Bentz 19, George Hunt 19, Leon Lombaard 18, Hennie Kriel 18 en Sextus Neethling 17.

Saterdag se kompetisie was ‘n Enkel Stableford en die gevreesde “Greenkeeper’s Revenge Golf Day” is deur Bev Swart aangebied. Bev en Andre het die baan baie interessant en moeilik gemaak, met ‘n lokval om elke hoek en draai. 

Melvin Tobias het geseëvier met 41 punte, gevolg deur Lieb Louw 36, Jakkie Beukes 36, Etienne Engelbrecht 33, George Hunt 32, Rene Myburgh 32, Nico Jones 32, Daan Victor 30, Johan Coetzee 29 en Sextus Neethling 29. 

Naaste aan die penne was Lieb Louw op no’s 2 en 11, asook op no’s 8 en 17. 

Pieter Loubser was naaste aan die penne op no 15. Lieb Louw teken ook ‘n Spog Twee aan op no 8.

Volgende Saterdag se kompetisie is die Maandelikse Houespel.

Vrydag, 1 September is weer ‘n Steak ‘n Chips braai-aand en bestellings moet vroegtydig geplaas word.

Geskiedenis met eerste vrou as bestuurslid

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles