Dogtertjie wonderbaarlik gered

Dogtertjie wonderbaarlik gered

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die brutale aanval van Japie en Madelein Swart se Rottweiler op hulle dogtertjie, Carli (7), het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Die voorval het Sondag, 10 September 2017 omstreeks 13:30  op  die egpaar se plaas langs die Kleinbaaipad plaasgevind.

Carli, ‘n kranige perderuitertjie en die Rottweiler het Sondag, 10 September 2017 omstreeks 13:00 na die gesin se perde op die plaas gestap.

Vermoedelik wou sy die toom om die een perd hang, wat toe geskrik en gespring het.

Die Rottweiler het tussen Carli en die perd ingedruk en haar aangeval.

“Die hond het ‘n jaloerse geaardheid, wat waarskynlik die rede vir die aanval was omdat Carli aandag aan die perde gegee het,” vertel Madelein.

Die hond is intussen deur Japie van kant gemaak, aangesien sò ‘n eerste wreedaardige aanval sonder twyfel weer sal plaasvind.

Engel is gestuur

“Die engel wat deur die Here gestuur is om my kind se lewe te red, is Jom Nel van Uilenkraalsmond, en ons sal hom ewig dankbaar daarvoor bly,” sê Madelein.

Jom het Gansbaai Courant meegedeel dat hy kort voor die voorval vanaf Kleinbaai op pad na Gansbaai was en na die twee perde gery en kyk het.

“Ek het my lam geskrik toe ek die hond op die kind by die perde sien en besef hy is besig om haar aan te val,” vertel Jom. “Ek het onmiddellik afgetrek, oor die heining gespring en ‘n stuk plastiese pyp iewers afgeruk en na die hond en die dogtertjie gehardloop.”

Jom sê die hond wou haar nie los nie, maar hy kon daarin slaag om hom met die pyp te verwilder. Hy het Carli opgetel en na Japie se  huis met haar in sy arms gehardloop, waarna Carli na mediese hulp vervoer is.

Ernstige beserings

Carli het ernstige wonde opgedoen, asook heupbeenbeserings. Daar is vermoed dat ‘n groot deel van haar heupbeen af is, maar niks kon nog bevestig word nie, aangesien haar oop wonde tans eerste prioriteit is.

“Ons vertrou egter dat die heupbeen vogtig genoeg sal wees vir herstelwerk en dat slegs beperkte skade aangerig is, met moontlike rekonstruksies heelwat later,” het Madelein gesê.

Carli se vordering

Carli is Woensdag, 13 September om 12:00 weer na die teater in die Louis Leipoldt Hospitaal in die Kaap geneem.

Die plastiese chirurg het die ouers meegedeel dat sy vertrou daar is geen infeksie meer in die oop wonde nie. Indien dit die geval is, sal die wonde gespoel en geheg kan word.

“Indien daar wel infeksie is, wat ons glo nie die geval sal wees nie, sal ‘n ‘flap’ gedoen moet word,” sê Madelein. ‘n “Flap” is ‘n veloorplanting waar Carli se eie vel losgemaak word en dan oor die ander gevou en geheg word.

Carli se gesindheid

Madelein vertel dat Carli na die aanval en tot op hede nog glad nie gehuil het nie en ook nie kwaad vir haar Rottweiler is nie.

“Sy wou net weet waarom het Jesus dit aan haar gedoen, wat ons met groot omsigtigheid en liefde aan haar verduidelik het.”

Dogtertjie wonderbaarlik gered

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles