Ons dorpskokke span saam vir 'n fees

 Ons dorpskokke span saam vir 'n fees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Voedselfeesgangers was nie teleurgestel met die heerlike disse wat voorgesit is tydens Gansbaai Academia se gewilde, jaarlikse Voedselfees nie – en dit so op die eerste dag van die lenteseisoen!

Geregte vanuit 8 verskillende lande is aan die gaste voorgesit, hetsy as voorgereg, hoofgereg of nagereg.  Die lande was Duitsland, Engeland, Frankryk, Griekeland, Holland, Maleisië, Portugal en Suid-Afrika.

Die onderskeie sjefs, vanuit plaaslike geledere, het op die verhoog agter hulle disse stelling ingeneem om dit uit te deel – en dit is hier waar die groot gesels net al hoe geselliger geraak het.

Gaste kon self kies of hulle wou bly en kuier en of hulle die oulike wegneempakkies tuis wou geniet.

Academia se vrolike geklede Sharimbas (Marimba orkes), het bygedra tot die aangename atmosfeer.

Eienaars en sjefs van restaurante wat bygedra het tot die sukses van vanjaar se voedselfees  is:

Voorgereg:

Sandra Boshoff van Home Chef (waterblommetjiesop bedien met ‘n saadbroodjie)

Hoofgeregte:

Riaan en Adam van Blue Goose (visbobotie op ‘n geelrysbed); Anna en Michelle van Pieta’s Restaurant (wildspastei) Wayne Devitt van Tolbos Bistro (Ris-soles); Thalia van Chickenland (Witloff  & pampoengebak).

Nageregte:

Nadine van Fynbos Coffee Shop (appelkrummelpastei met Chantilly room); Henry van Hot Coffee (mosbolletjies met ‘n soete draai); Anna van Anna’s Pies (tradisionele melktert).

 Ons dorpskokke span saam vir 'n fees

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles