Smul lekker aan die baber

Smul lekker aan die baber

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is ‘n paar redes waarom die seebaber so ongewild is  --  die feit dat hy omtrent oral opduik en soort van ‘n verpesting van homself maak. Dan is daar die geloof dat sy vel voor gaarmaak verwyder moet word. Daardie gifpenne is ook ‘n ander rede.

Omtrent almal weet dat die baber gaargemaak kan word, maar die vraag is, is dit die moeite werd?

‘n Maat van my, in die ou Suidwes, het baie ernstig gevra dat ons konsentreer op die vang van babers sodat hy die goed kan laat rook by een of ander “ekspert”.

Ses hiervan het hy aan my gegee en ek sou die goed aan my pa besorg  --  totdat ek daaraan geproe het.

My pa het darem twee gekry en ek moes hom meer belowe. Daar het ek geleer om die baber op sy rug te lê en dan die pens en kop (en die pen!) gelyktydig weg te sny, en die vel net so te los.

Die gerookte vis vat jy so aan sy stert, stoot die vel terug en eet dan die botterbruin vleis terwyl jy lippe aflek.

Of ék die baber só lekker kan rook is ‘n ope vraag. Watter ander gaarmaakmetodes vir hierdie vis is daar nog? Kom ons eksperimenteer en dan kyk ons of daar nie ‘n “babergaarmaakkoning” onder ons is nie.

Dis dalk ‘n beloning werd en dan moet ons mos kompetisie hou! Laat weet gerus.

‘n Jong kabeljoutjie gerook, gebak of gebraai smaak vorentoe en ‘n silwervis is iets om na uit te sien, maar ‘n baber, ordentlik gaargemaak (veral gerook) is mos iets “anders”, en wie hou nie daarvan nie?

Vergeet van wetenskaplike name.

Daar is ‘n swarterige (meer glibberige) baber en dan die amper witte, wat normaalweg aanvaar word en ook verskyn wanneer daar kabeljou is.

Dit klink mos na die ware jakob.

Die ander vis wat ook in die prentjie kan kom is die gurnard of knorhaan, soos meeste van ons hom ken. Maar hieroor op ‘n later geleentheid.

Baie groete, en lekker eet,

Seemeeu

Smul lekker aan die baber

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

WHEN KINDNESS BECOMES AN INVITATION TO BE TAKEN FOR GRANTED

Last week, we explored how many people spend their lives searching for recognition...

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Meet Patch - Looking for His Forever Home!

Patch was brought to BARC as a stray (although we think he may have rescued himself!).

BARC Animal Welfare
SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

SINGO BINGO IS BACK AT THE BOATHOUSE!

Think you know your music? Then it's time to put your ears to the test at our exciting Singo Bingo Night!

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

Stoep Enclosure Completed with Bronze Aluminium Elite Sliding Windows

A well-designed stoep adds real value to a home, but open spaces are not always practical in changing weather conditions.

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year

Payment Dates for the Financial Year.

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles