Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017 vanuit haar hospitaalbed in die Louis Leipoldt Hospitaal haar duimpie in die lug gesteek sodat haar ma ‘n spesiale foto vir Gansbaai Courant kan neem om vir almal wat omgee te wys hoe goed dit met haar gaan.

Hierdie moedige dogtertjie van Japie en Madelein Swart is Sondag, 10 September wreedaardig deur hulle Rottweiler aangeval en het ernstige wonde en beserings rondom haar heup opgedoen.

Carli was Maandag, 18 September weer in die teater, vermoedelik om van die laaste oop wonde te spoel en te heg.

Met die ter perse gaan van hierdie berig, het Madelein gesê hulle is self nog onseker presies watter prosedures in die teater uitgevoer is. “Ons wag nog vir die chirurg om ons in te lig, maar dit is duidelik dat alles goed afgeloop het en ons moedige dogtertjie voel goed, lyk goed en haar gemoed is baie positief,” het Madelein gesê.

“Sy is tans onder medikasie vir pyn en is ook aan ‘n dreineringsmasjien gekoppel om onnodige bloed, wat dalk besmet kan wees, uit te suig.”

Carli is ‘n kranige perderuitertjie en was juis saam met die Rottweiler op pad na die perde waar die voorval plaasgevind het.

Jom Nel van Uilenkraalsmond se blitsige optrede nadat hy van die Kleinbaai-pad af gesien het wat gebeur, het sonder twyfel Carli se lewe gered. (Gansbaai Courant, Donderdag, 14 September 2017).

Sodra die wonde finaal geheg is, sal daar op Carli se heupbeen, wat hopelik slegs beperkte skade opgedoen het, gefokus word.

Haar beentjies is steeds in gips om stabiliteit rondom die heupbeen te verseker.

Moedige Carli wys 'duimpie op'

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles