My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai word gekenmerk deur ‘n gemeenskap wat saamstaan wanneer die nood druk.

Die nood by een van ons dorp se geliefde inwoners druk swaar en geen mens vra maklik om hulp nie.

Voor my sit ‘n jong man.  Sy naam as uitstekende fotograaf, het hom vooruitgeloop nog voordat ek na Gansbaai verhuis het. Ek het hom leer ken deur sy uitsonderlike foto’s op Facebook, later deur ‘n koerantberig waar hy ‘n toekenning ontvang het vir goeie werk by sy voldagpos en later by Gansbaai se buurtwag, waar hy kosbare tyd opoffer om ons dorp vry te hou van misdaad .

Ek het hom al ‘n paar keer by vergaderings gemaan: “Gaan huis toe, jy is jonk getroud.  Moenie jou bruid afskeep nie.”

Hugh-Daniel Grobler is ‘n vegter.  Hy het hom nog nooit laat onderkry nie.

Hy het arm groot geword, sy pa op ‘n jong ouderdom verloor en hy het homself belowe dat sy gesin nooit sou swaarkry nie…”, maar sy ma, Denise is terminaal siek - en die groot K, die ewige dialise en om sy ma so te sien – dit kry hom onder – en nou die rekenings wat net ophoop…

“Ek doen hierdie noodroep ter wille van my ma. Ek het 2 keuses – of ek vra hulp, of ek laat alle behandeling staak en laat haar sterf – en dit is ek nie naastenby van plan om te doen nie.  Dit is nie in my aard om op te gee nie en ek sal enigiets vir my ma doen.  Sy sou dit ook vir my gedoen het.  Ek is nie gereed of van plan om haar nou al te laat gaan nie,” sê die vasberade jong man, wat Dinsdagoggend voor my sit. 

Hy is by die werk afgeboek weens ‘n besering wat hy opgedoen het toe hy ‘n fietsdief gevang het.

Ek het Hugh-Daniel gevra om kantoor toe te kom, nadat ons al ‘n tydjie gelede bymekaar gekom het om sy finansiële krisis aan te spreek.  Dit is moeilik om mense in die oë te kyk vir hulp. 

Hugh-Daniel  vertel: “Twee jaar gelede het ons die nuus ontvang dat my ma kroniese nierversaking het.  Ons het dadelik begin geld bymekaar maak om haar op ‘n mediese fonds te registreer, wat ons ook reggekry het. 

Geen staatshospitaal of staatsinstelling in die Wes-Kaap kon ons help met dialisebehandeling nie.  Dr Geoff Biel van Kaapse Wynlande Niersentrum het aangebied om 6 maande se dialise te skenk totdat die mediese fonds in werking sou tree.

Dit was ‘n moeilike 2 jaar vir my ma en almal wat by haar betrokke was.  Sy het verskeie infeksies opgedoen en haar immuniteit was laag. Ek het lateraan tred verloor met die aantal kere wat sy in die hospitaal opgeneem is – en elke keer was daar onvoorsiene uitgawes wat nie deur die mediese fonds gedek word nie.

Sowat 3 maande gelede het ons die skoknuus ontvang dat my ma boonop met kanker gediagnoseer is.  Sy moes onmiddellik met chemoterapie begin ter wille van ‘n kans op herstel.

Op die oomblik maak die dubbele behandeling haar verskriklik siek en moeg.

Ek het reeds soveel organisasies om hulp genader, maar niks gebeur vinnig nie.

‘n Amerikaanse vriendin met ‘n huis in De Kelders, het Denise se verhaal op ‘A caring bridge campaign – Go Fund Me’ geregistreer, maar intussen loop die tyd uit.

Gemeenskapsprojek

Hugh-Daniel stel ‘n afdruk beskikbaar van een van sy uitmuntende foto’s om by te dra tot  sy ma se behandeling en agterstallige mediese koste.

Donateurs word genooi om ‘n skenking van minstens R250 te maak en ‘n kans te staan om hierdie landskap van Gansbaai te wen.  ‘n Gelukkige wenner se kaartjie sal getrek word sodra die R50 000 merk bereik word.

Kom vat hande met hierdie talentvolle jong man en maak ‘n skenking.  Kleiner bedrae is ook welkom, maar dit sal nie in ag geneem word vir die prystrekking nie. 

Maak jou inbetaling by die onderstaande rekening en epos die bewys van betaling na jgrobler505@gmail.com.  Die trekking sal tydens ‘n openbare geleentheid plaasvind.  Die tyd, plek en datum sal in die Gansbaai Courant bekend gemaak word.

Die bankbesonderhede is:

 J Grobler, ABSA Trusave account, bankrekeningnr.:  930 685 1506, Takkode – 632005

Let wel:  Daar is ook ‘n veiling aan die gang van ‘n geraamde foto van Hugh-Daniel wat op verskeie Facebook-blaaie verskyn.  Dit is ‘n afsonderlike insameling van geld vir dieselfde doel.  Ondersteun gerus albei fondsinsamelings.

My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles