Laerskole beveg rommel skouer aan skouer

Laerskole beveg rommel skouer aan skouer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vrywillige leerders van Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr het Internasionale Kusskoonmaakdag benut om hul kragte saam te snoer om sodoende te wys dat hulle omgee vir die bedreigde natuur.

Christoff Longland, koördineerder van die ekspedisie, vertel dat die idee was om die leerders te laat deelneem aan die skoonmaak van die kuslyn, maar ook om ‘n bewustheid te skep van hoeveel rommel op die kuslyn gegooi en uitgespoel word.

Die leerders het die strandgedeelte vanaf Kleinbaai hawe tot by die T-aansluiting na Dangerpoint skoongemaak.

“Hoe meer rommel hulle opgetel het, hoe meer opgewonde het hulle geraak,” vertel Christoff. “Hulle is in groepies van twee opgedeel, met een wat alles wat opgetel word, moes aanteken sodat die inligting later op ‘n databasis geplaas kon word.”

Die leerders het veral ‘n groot hoeveelheid sigaretstompies opgetel, asook vislyne, koeldrankbottels en koeldrankbottelproppies.

Christoff is baie dankbaar teenoor Grootbos Privaat Natuurreservaat vir die vervoer, asook die twee onderwyseresse wat hom bygestaan het: Marlette Longland en me Sauls, maar dit is veral die leerders wat van die dag ‘n sukses gemaak het met hul bereidwilligheid om te help.

Laerskole beveg rommel skouer aan skouer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles