Nisboer-reeks stimuleer werkskepping

Nisboer-reeks stimuleer werkskepping

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nisboere: Hoe ‘n bietjie inspirasie en ‘n klein stukkie grond ‘n enorme verskil kan maak. Die landboureus Laeveld Agrochem se reeks Nisboere is pas op VIA DStv Kanaal 147 begin uitsaai. 

“Die oorhoofse doelstellings van die reeks is die depolitisering van landbou en die stimulering van werkskepping,” sê Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur.

 “En die boodskap wat ons wil oordra, is dat enigiemand met ‘n bietjie inspirasie, baie passie en ‘n klein nis, ‘n betekenisvolle en volhoubare bestaan kan skep.”

In die loop van 15 episodes besoek aanbieders Anrich Herbst, Chris de Clerq en Simonia Magardie klein en ongewone boerderye  regoor die land en bied praktiese advies aan kykers wat moontlik self daarin belangstel om ‘n kleinskaalse boerdery op die been te bring. 

Die boerderye wat tydens die eerste reeks besoek word, dek alles van eksotiese sampioene, diskusvisse en alpakkas tot truffels, perlemoen en laventel.

Magardie was nie net beïndruk met die diversiteit wat die span ervaar het nie. “Wat werklik inspirerend was, was die hoop en inspirasie wat uit elke boerdery spruit. Baie keer is so 'n boerdery uit ‘n posisie van wanhoop gebore, maar met toewyding en innovasie tot ‘n sukses omskep”, sê sy.

Hoewel meeste van die eerste reeks reeds se 45 verskillende tipes boerderye reeds gevind is, kan enige Suid-Afrikaner met ‘n nis- of ongewone tipe boerdery, wat graag op Nisboere wil verskyn, hul storie en besonderhede indien op die “Wees op Nisboere”-bladsy van die webwerf.

Nisboer-reeks stimuleer werkskepping

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles