Jacolene getuig... mens kry nog goeie mense

Jacolene getuig... mens kry nog goeie mense

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jacolene de Wet was met haar ‘nuwe’ Volla op pad na Hermanus se toetsterrein, toe haar motortjie ‘n halfuur voor haar afspraak net buite Hermanus besluit hy ry nie verder nie.

Dit het op ‘n baie slegte plek gebeur – om ‘n draai, waar daar ook nie ‘n padrug is om te kan aftrek nie.

Dit was onmoontlik dat ander motoriste sommer daar sou stop. 

Jacolene is ‘n boervrou en besluit toe net daar dat sy maar haar motortjie verder sou stoot.

In ag genome dat Jacolene  net sowat ‘n maand vantevore ‘n keisersnit gehad het, was dit nie iets wat enige ander vrou sou aanpak nie.

Jacolene wou egter nie haar afspraak om haar ‘splinternuwe’ ou Volla deur die toets te kry, misloop nie.

Haar kleuterseuntjie was ook by haar in die motor.

Sy het die motortjie sowat 500m ver gestoot toe 3 manspersone aangestap kom.  Jacolene het baie onveilig gevoel, maar hulle het haar verseker dat hulle DAFF amptenare is wat pas by haar verby gery het in ‘n staatsvoertuig. 

Hulle het veilig om die draai gaan parkeer en teruggestap om die jong vrou by te staan.

Jacolene sê dat dit gevoel het asof dit 3 engele was wat na haar gestuur is. 

Hulle het haar gehelp totdat sy weer kon ry en wou niks aanvaar wat sy hulle wou aanbied om hulle te bedank nie.

Al wat hulle gevra het is om te noem dat DAFF-beamptes “nie net heeldag perlemoenstropers vang nie, maar mense help ook.”

Jacolene wil graag die manne van Hermanus MCM bedank vir hulle hulpvaar-digheid:  Inspekteurs Conradie, Van Niekerk en Bergstedt en vroue-inspekteur Hegor (wat in die motor gewag het en die manne met die verbyry aangepor het om die vrou langs die pad te help).

Jacolene getuig... mens kry nog goeie mense

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles