Kom wandel deur die Fynbostuin

Kom wandel deur die Fynbostuin

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"'n Reis deur die Fynbos" in Gansbaai se hawe, bring die blommeprag van die Overstrand tot op jou drumpel.

Kusfynbos en eilandfynbos is deel van hierdie alom bekende uitstalling waaraan Gansbaai se vroue hulle vingers stukkend gewerk het.

Toegang is gratis, maar gooi maar gerus ‘n geldjie in die donasiehouer.

Wandel vandaar na die Birkenhead Bootklubsaal waar jy tee en koek kan geniet, terwyl jy oor die hawebedrywighede uitkyk.

Die Gansbaaiers beloof spesiale eiedorpse koffie, cappuccinos en warm sjokolade.

 Vertoef ‘n bietjie langer in die beskutte kompleks en ondersteun die bootklublede waar hulle worsrolle, hamburgers, prego steakrolle en ietwat sterker lafenissies aanbied.

Hier kan jy maar vassteek, terwyl jy wag dat die visbraaikompetisie tot ‘n einde kom. 

Ja, die manne en vroue wat vis ken, wedywer hier met hul familieresepte teen mekaar. Jy kan jou gereedmaak vir ‘n lekker vars vissie.

Die Fynbosskou en Bootklubkiosk se ure is Saterdag en Sondag 09:00-17:00  en Maandag 09:00-15:00.

Blommerangskik kompetisie

Maandag om 10:30 kan jy aan die Cropped kompetisie gaan deelneem, waar jy die kans kry om jou kunssinnigheid te bewys. Houers en blomme is beskikbaar. Deelnemers moet hul rangskikkings binne 30 minute gereed hê.

‘n Eerste prys van R500 kontant  wag op die wenner en die tweede en derde plek wenners sal elk  geskenkbewyse ontvang.

Die inskrywings is gratis, maar wees gewaarsku, daar is net plek vir 10 deel-nemers.  Stuur ‘n epos aan glenda@gansbaaitourism as jy wil deelneem. Bewaar hierdie nommer: Glenda 072 291 5564 en skakel haar vir enige navrae aangaande die Funky Fynbos Festival.

Kom wandel deur die Fynbostuin

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles