Die twee Haaibanke

Die twee Haaibanke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eerste Haaibank lê meer as 10 kilometer vanaf Kleinbaaihawe en min of meer wes/suidwes van die Eiland en nie almal sien kans om die tog af te lê nie. Veral met brandstofpryse deesdae is die keuse nie so maklik nie  --  veral die nie-kommersiële manne kom slegs by uitsondering daar. Indien jy wel kommersieel is, sal die prentjie heel moontlik anders daar uitsien en word die Haaibank juis die plek waar jy dikwels jou vis kan gaan vang.

Skole makriel, snoek, geelstert, geelbek, haai en menige ander vis word daar aangetref. Dan word dit natuurlik die plek waar jy voel jy móét wees. Omdat die Hardebaarde meesters is op die gebied van wanneer en waar sal hulle nie onnodig hierheen gaan nie, maar wanneer omstandighede dit vereis en jy sien hulle nêrens nie, dan moet jy weet, jy sal hulle by Haaibank vind.

Wees egter versigtig om hierdie ouens blindweg te volg, veral wanneer die weer nie gunstig is nie. Hou in gedagte dat hulle bote hierdie tipe water kan hanteer en die manne self weet natuurlik hoe om die see te lees.

Self was ek al heelwat daar en het die geluk gehad om snoek, makriel en geelbek daar te vang. En dis waarom jy soms sal neig om maar die ekstra kilometers aan te durf. Die klompie bote wat jy sekere tye daar aantref, die baie vis wat gevang word en die gees wat daar heers laat ‘n aangename prentjie by jou en dan is daar net een ding om te doen! Haaibank toe.

Let wel: Hierdie Haaibank is ‘n groot rif wat duidelik behoort te wys op die GPS en dan nog onderverdeel kan word indien jy verskillende vissoorte soek.

Die dieptes verskil ook heelwat. Die diep plekke bevoordeel juis die vang van silwervis.

Die tweede Haaibank ter sprake lê weer nader aan die Birkenhead en min of meer wes daarvan. Dis egter nie so diep in as die ander Haaibank nie en blyk ook nie so gewild te wees nie. Daar is ‘n groot afstand tussen die diep punte van die twee Haaibanke en maak dus seker jy gaan die eerste keer na die regte een  --  hopelik waar die vis is.

Makliker gesê as gedaan.

En as jy nie ‘n Hardebaard aan jou kant het nie kan dit maar lol!

Baie groete, Seemeeu

Die twee Haaibanke

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles