Nuwe rugbyklub gestig

Nuwe rugbyklub gestig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is met groot opgewondenheid dat ons die stigting van Gansbaai Vikings United Rugby Klub aankondig”, het Lindie Wessels, stigterslid van die klub vandeesweek aan die Gansbaai Courant gesê.

“Die afgelope paar weke is daar hard gewerk om hierdie projek van die grond af te kry en ons is baie trots dat ons volgende jaar deel sal vorm van ‘n liga in die Boland.”

Onder die entoesiastiese aanmoediging van Lindie is die klub gestig en is ‘n bekwame bestuur verkies.

Die bestuur sien soos volg daar uit: Chris (Goebels) Geldenhuys (president), Riaan Buys (voorsitter), Bernard Geldenhuys (onder-voorsitter), Lindie Wessels, (sekretaris/tessourier), Heinrich Vermeulen (wedstryd-sekretaris) en addisionele lede:  Jaun Havenga, Shane Middleton, Kobus Eloff en Warren Snell.

Die bestuur het ten doel om dit as ‘n gemeenskapsgerigte klub te bestuur wat die groter Gansbaai (Masakhane, Blompark en Gansbaai) saamsnoer en waar daar na die speler se talent gekyk word om dit sodoende verder te onwikkel. Gesonde mededinging word hoog op die prioriteitslys gestel.

Die bestuur spreek sy dank uit teenoor almal wat alreeds betrokke is, asook die spelers wat getrou oefen.

Spaces for Sports is as tuisveld aan die klub beskikbaar gestel.  Hieroor is die bestuur baie dankbaar en wil hulle in die besonder vir mnr Kat Myburgh (munisipale bestuurder) en Elicia du Toit (sportgrondbestuurder) bedank vir hulle bydrae en ondersteuning.

Enige iemand wat betrokke wil raak, op watter wyse ook al, kan die volgende persone skakel: Lindie Wessels 0723741611 of Chris (Goebel) Geldenhuys 079193 0722.

Nuwe rugbyklub gestig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles