Blog

Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal -Barend Vos-

Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal -Barend Vos-

Gans-Berg Nuus / News

Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal -Barend Vos-

“Waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, U God is my God.” - Rut 1:16

image left

Hierdie unieke liefdesverhaal, 'Rut & Boas', kom uit die pen van die bekroonde skrywer, Barend Vos. Hy was ook die wenner van die CBSA-prys, asook die Andrew Murray-prys. Die boek is op 6 April 2022 by Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch in die Great White Junction bekendgestel. 'n Toelaatbare aantal gaste is uitgenooi om die gesellige aand met verversings by te woon. Dr Lisel Joubert, self 'n bekroonde skrywer, het enkele relevante vrae oor die boek aan Barend gevra en kommentaar is deur enkele gaste gelewer.

“Die boek se naam moes eintlik 'Rut & Naomi' gewees het,” het Barend gesê. “Ek het dit geskryf omdat dit eerstens 'n baie mooi storie is en ek het probeer om 'n kortverhaal-roman daarvan te maak.” Hy het ook gesê dat hy baie mooi na die geslagslyn van Jesus Christus moes kyk. “Die skryf van die boek was moeilik in die sin daarvan dat almal die bekende verhaal goed ken en ek moes dus die bestaande karakters in die boek Rut, baie versigtig omskep in 'n wêreld soos wat ons dit vandag sou beleef,” het Barend gesê. “Almal weet dat Rut en Boas bymekaar uitgekom het, maar die vraag is hóé het dit gebeur.” Hy het ook die interessante opmerking gemaak dat die Bybelse boek eintlik 'Naomi' moes heet, aangesien Rut in Naomi se skaduwee geleef het en nie anders om nie. “Die moeilikste karakter vir my was Boas,” het hy gesê.

Rut is 'n jong weduwee en so ook haar skoonma, Naomi, wat wou teruggaan na Betlehem waar sy vandaan kom. Ongeag wat ookal, Rut het haar gevolg. In Betlehem ontdek Naomi dat haar ou woonhuis en grond deur Boas en sy moeder, Ragab beset is. Dié Ragab wat 'n rooi tou uit Jerigo se muur laat hang het en wat destyds 'n prostituut was. Dan is daar die 'oudstes' wat, met hul eie agendas, op 'n selfverrykende en onregmatige wyse oor die stad se sedes en handelsroetes gewaak het. Maar uit dit alles triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend slaag daarin om die verhaal met eietydse dialoog te herskep. Hy doen dit met 'n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare ménse maak.

Die boek lees gemaklik en boeiend, ondanks die feit dat die Bybelse verhaal so bekend is. Barend het daarin geslaag om duidelik uit te wys dat Bybelse figure nie 'spesies' op hulle eie was nie, maar gewone alledaagse mense soos vandag, net in 'n ander en nie-moderne wêreld. Dit is ook interessant dat elke hoofstuk die naam van een van die karakters het. Hy slaag daarin om die verloop van die verhaal boeiend te laat afspeel.

Twee van Barend se vorige boeke, Exodus en Kanaän, is reeds uitverkoop. Hy het toe besluit om Kanaän te herskryf, maar in Engels met die naam 'Moses'. Wat 'n geweldige interessante boek! Dié boek het hy tydens die bekendstellings-geleentheid gratis aan die gaste beskikbaar gestel. Barend is ook die skrywer van Uit die Beek 2021 & 2022, klassieke Bybeldagboeke, elk met 365 dagstukkies. 

Die liefdesverhaal:

“Boas het toe met Rut getrou en sy het 'n seuntjie in die lewe gebring. Naomi het toe die seuntjie op haar skoot gevat en as haar eie aangeneem.”

(LW: hierdie is 'n berig en nie 'n resensie nie.)

 
Hardus Botha
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal -Barend Vos-

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles