Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Gans-Berg Nuus / News

Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Verligting van verkeers-opeenhoping in Kerkstraat met die op- en aflaai van leerders, het amptelik op Vrydag, 6 Mei 2022 vir Laerskool Gansbaai (LSG) aangebreek.  Twee pilare en trappe is aan Voortrekkerstraat aan die skoolgronde se kant gebou en ‘n stewige staalhek is daar aangebring.  Hierdie hek sal deur die GR 6 en 7’s gebruik word om die verkeersdrukte aan Kerkstraat se kant te verlig.

“Ons het besef dat ‘n hek aan Voortrekkerstraat se kant ‘n noodsaaklikheid geword het,” het Lorraine Kok, voorsitter van die skool se Beheerliggaam gesê.  “Die verkeer en opeenhoping by die hek aan Kerkstraat se kant het net te erg begin raak.”

Christiaan Klotz, ‘n lid van LSG se Beheerliggaam, het die bestuur van die projek op hom geneem en die wiele is aan die rol gesit.  Daar is gevra vir donasies.  Twee Barmhartige Samaritane het na vore gekom wat die projek in geheel geborg het - hulle is Johan en Chantel Botha van Brandlove, ‘n Internasionale Opleidingsfirma.  “Ons dogtertjie, wat nog nie lank hier is nie, het tuis vir ons van die projek vertel,” het Chantel gesê.  “Sy het sommer bygevoeg, ‘ag, wil pappa dit nie maar vir die skool doen nie, asseblief?.”  Wie kan nou nee daarvoor sê en Johan en Chantel het besluit om die projek te borg.

Nog twee besighede wat genooi is om die geleentheid by te woon, is Build It en Computer Hut.  Hulle het onderskeidelik veiligheidskameras by die onderskeie hekke gedeeltelik geborg, waarvoor groot dankbaarheid bestaan. 

Nadat Chantel die tradisionele lint geknip het vir die amptelike opening van die hek, is sy en Johan, asook Beheerliggaamslede en onderwysers genooi om verversings in die personeelkamer saam te gaan geniet.

 
Hardus Botha
Image 1
Chantel Botha knip die lint, met Johan Botha links en Christiaan Klotz regs.
Image 2
Johan en Chantel Botha by die hek, met Beheerliggaamslede agter hulle.
Noodsaaklike hek vir LSG aan Voortrekkerstraat se kant

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Your Business Grows When You Do

Your Business Grows When You Do

As entrepreneurs, we are taught to focus on growth.

The Questions Beneath the Questions

The Questions Beneath the Questions

Entrepreneurs spend much of their lives looking outward.

The Seduction of Safety

The Seduction of Safety

There is a point in many entrepreneurial journeys where success begins to create an unexpected challenge.

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Soaking up a nature experience this week was the group of entrepreneurs from the 2025/26 programme...

Grootbos Foundation
Three Players Selected to Represent Boland

Three Players Selected to Represent Boland

Another hockey player, Luvo Moss, has been called up to play for the Boland Under-18 Inter-Provincial Tournament...

Grootbos Foundation
An Evening of Borrowed Light

An Evening of Borrowed Light

Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!

Gansveer Poetry Group
See All Articles