Blog

Oorlewing van ongeluk net Genade

Oorlewing van ongeluk net Genade

Gans-Berg Nuus / News

Image

Oorlewing van ongeluk net Genade

“Die feit dat ons lewend is en ook sonder baie ernstige beserings is, kan alleenlik aan die genade van ons Hemelse Vader toegeskryf word,” vertel Bennie du Toit van Perlemoenbaai. Bennie en sy eggenote, Elmarie, asook hulle dogter, Elzaan (19) het Saterdag, 7 Mei 2022 ter nouer nood aan die dood ontkom tydens ‘n motorongeluk.

Die gesin was van Hermanus af op pad na Gansbaai. By Sir Robert Stanford Estate, net buite Stanford, het Bennie vir ‘n skilpad uitgeswaai. “Ek moes my misgis het, want die volgende oomblik is die motor oor die pad, dwarsdeur die houtheining,” het Bennie gesê. Met die botsing het die voertuig tussen die twee vertikale houtpale ingebars, met die boonste horisontale paal wat met die impak van die botsing, dwars geswaai het. 

Die paal het letterlik van voor tot agter deur die binnekant van die motor gesteek. Elzaan het voor langs Bennie gesit en Elmarie op die linker agtersitplek. “Toe ek sien wat gebeur, het ek net my kop laat sak en my oë toegemaak,” vertel Elmarie. Die paal is rakelings tussen Bennie en Elzaan deur en het Elmarie se kop en gesig met millimeters gemis (Sien die foto met die geel kring waar haar kop langs die paal se punt was).

Om na die foto’s te kyk en daaraan te dink dat daar geen ernstige beserings of lewensverlies was nie, is om te besef dat dit net aan God se Genade toegeskryf kan word - en al drie van hulle getuig met dankbaarheid daarvan.

St Johns Ambulansdienste, wat met ‘n pasiënt na Hermanus op pad was, was feitlik dadelik op die toneel. Die polisie het ook baie vinnig opgedaag. Bennie het net skrape aan die kant van sy gesig, met steke wat hy in sy kop gekry het. Elmarie sy lyf is vol blou kolle en sy het ook skrape opgedoen. Terwille van moontlike besering wat X-strale benodig het, is Elmarie per ambulans na Hermanus vervoer, maar is direk daarna weer ontslaan. Sy het wel agterna van effense rugpyn gekla. Elzaan se pinkie is potblou, maar sy het gesê dit voel al heelwat beter - “Ek het net verskriklik groot geskrik!”

Bennie is ‘n bekende werknemer van Gansbaai Marine, met Elmarie wat eweneens ‘n bekende Suster by Gansbaai Kliniek is. “Met my verjaarsdag ‘n paar dae na die ongeluk op 11 Mei, het ek opnuut besef hoe dankbaar ons kan wees en dat ek steeds my verjaarsdag saam met my gesin kon vier,” het Elmarie gesê. 

Bennie vertel dat hierdie tyd van die jaar nie goeie nuus vir hom inhou nie. Presies ‘n jaar gelede het hy ernstige kopbesering opgedoen nadat hy met sy fiets in die hawe geval het. ‘n Jaar voor daardie voorval, het hy ook in Meimand onder ‘n trekker, wat omgeval het, beland toe hy iemand se lewe wou probeer red - ook kopbeserings.

Image 1
Image 2
Image 3
 
Hardus Botha
 
Oorlewing van ongeluk net Genade

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles