Blog

Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Marieta de Beer het haar Marieta’s Hair, Toes & Nails se vyfde verjaarsdag op Vrouedag, 9 Augustus 2022 gevier. Sy het haar besigheid in Franskraal se deure op 9 Augustus 2017 oopgemaak en groei steeds van krag tot krag.

Van buite af mag die besigheid klein lyk, maar met die binnestap is dit duidelik dat daar ‘n hele verskeidenheid van vroue-mooi-maak-dinge aan die gebeur is. Die doen, sny en kleur van hare teen billike pryse is nommer een - Love is in the Hair! Bietjie weg van die hare af, is daar eyebrow wax (wenkbrou-versorging), feet pedicures (voetversorging) en nail manucures (naelversorging) - ook maar moeilik vir die joernalis om by die Afrikaanse terme van vroue-dinge uit te kom!

Marieta se mooimaak-dinge stop egter nie by hare, voete en naels nie. Sy doen ook kop, nek en skouer masserings om daardie gespanne spiere te laat ontspan.

Marieta en haar eggenoot, Barend, is oorspronklik van Pretoria. Daar het sy al die jare in haarsalonne gewerk, met die droom om eendag haar eie salon te kan oopmaak. “Hierdie salon wat ek vyf jaar gelede begin het, is gebedsverhoring, daarom is my Hemelse Vader die eerste wat ek opreg wil dankie-sê,” vertel Marieta. Sy bedank ook vir Barend vir sy ondersteuning en hulp om haar droom te kon verwesentlik. “Dan net ‘n groot dankie aan die eienaars van die gebou, John en Renette Collen, asook al my wonderlike kliënte gedurende die afgelope vyf jaar, waarsonder ek nie ‘n bestaan sou kon voer nie.”

Marieta’s Hair, Toes & Nails kan te Cillierstraat 75, langs Franskraal Minimark besoek word. Vir navrae en/of afsprake kan Marieta by 076 015 1076 geskakel word, of stuur ‘n epos aan haar by debeermarieta12@gmail.com.

 
Hardus Botha
Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles